Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Tsvangirai gooi nie tou op
Jun 20 2008 03:00:44:933PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Bob sal uittree 'as grond aan meerderheid behoort'
  • 'VSA sal nie militêre vuis bal'
  • Zim: Aktiviste se lyke gekry
  • Zimbabwe se opposisieparty die Movement for Democratic Change gaan deurdruk met sy verkiesingsveldtog te midde van erge geweld en 'n hofbevel wat sy naasleier agter tralies hou.

    "Mense sê ons moet ondanks al die struikelblokke nie nou kleinkoppie trek nie en ons meen self dit sal niks oplos om nou tou op te gooi nie," het mnr. Innocent Gonese, MDC-woordvoerder oor regsake, Vrydag gesê.

    MDC-leier, mnr. Morgan Tsvangirai, het ook Vrydag 'n boodskap na ondersteuners uitgestuur dat hulle die "bose regering" van pres. Robert Mugabe moet uitstem.

    "As ons nou moed verloor sal die regime geslaag het om ons te verdeel en van stryk af te kry."

    Die hof in Harare het Vrydagoggend geweier om klagte van meineed en dwarsboming van die stemproses teen mnr. Tendai Biti te laat vaar. Hy word deur die doodstraf in die gesig gestaar sou hy skuldig bevind word. - Sapa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |