Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
VN kap Mugabe, maar SA skop vas oor Tsvangirai Washington en New York. - Die VN se veiligheidsraad het die regering van pres. Robert Mugabe in 'n verklaring eenparig veroordeel vir die geweld in die aanloop tot die 2de ronde presidentsverkiesings. Maar veral Suid-Afrika en China het vasgeskop daarteen dat bewoording in die verklaring ingesluit word dat mnr. Morgan Tsvangirai as wettige president van die land beskou word tot tyd en wyl nog 'n regverdige verkiesing gehou kan word. Die veiligheidsraad het tot vroeg vanoggend (Suid-Afrikaanse tyd) onderhandel om eenstemmigheid oor ’n sterk bewoorde verklaring te probeer kry. In die verklaring word pres. Mugabe se regering veroordeel vir "die veldtog van geweld teen die politieke opposisie in die aanloop tot die tweede ronde in die presidentsverkiesings" wat vrye en regverdige verkiesings onmoontlik maak. Mnr. Tsvangirai, leier van die beweging vir demokratiese verandering (MDC), se onttrekking aan die tweede ronde van die verkiesing het die uitwerking gehad waarop hy gehoop het. Die wêreld het dit as 'n krisis gesien en Mugabe is uit alle oorde skerp veroordeel. Sowel Amerika as Brittanje het die Mugabe-regering ná Tsvangirai se onttrekking as “onwettig” beskou en Brittanje het reeds voorgestel dat strenger sankies teen Mugabe en Kie. ingestel word. Voordat die veiligheidsraad sy verklaring Dinsdagoggend (SA tyd) uitgereik het, het mnr. Jean-Maurice Rippert, Frankryk se ambassadeur, gesê: “Ons hoop die veiligheidsraad kan sy verantwoordelikheid aanvaar en bewoording goedkeur wat dit baie duidelik stel waar die onus lê. Dit is vir ons baie duidelik dat die geweld moet end kry en mnr. Mugabe alle politieke gevangenes moet vrylaat,” het hy gesê. Die Withuis het by monde van me. Dana Perino, woordvoerder, gesê die VSA gaan “hamer op die noodsaaklikheid dat die wêreld uit een mond” teen Mugabe uitvaar en dit moet deur die VN se veiligheidsraad geskied. Nie net pres. Thabo Mbeki nie, maar “elke leier” moet meer doen om die krisis te beëindig. Dit raak die hele Afrika en nie net Suider-Afrika nie. Mbeki is luidens berigte vandag na Harare op pad in ’n laaste poging om Mugabe sover te kry om met Tsvangirai te onderhandel. Suid-Afrika het kort voor die veiligheidsraad se dringende sessie oor Zimbabwe nog ’n klap gekry oor sy houding die afgelope twee jaar om te keer dat die krisis op die wêreldliggaam se agenda geplaas word. Mnr. Ban Ki-moon, die VN se sekretaris-generaal, het voordat hy die sitting sou bywoon, verklaar die situasie in Zimbabwe is meer as net ’n huishoudelike kwessie met implikasies ver buite sy grense. Dit is hoekom die veiligheidsraad dit moet opneem. Ban het hiermee Suid-Afrika se argument van die afgelope twee jaar verwerp dat Zimbabwe se probleme ’n interne saak is en niks met internasionale vrede en veiligheid te make het nie. “Vrede en veiligheid van die streek buite die grense van Zimbabwe is op die spel. Ek reken op die leiers in Afrika om hul leierskap ten toon te stel om Zimbabwe te stabiliseer,” het hy gesê in antwoord op Suid-Afrika se teenkanting teen die bespreking. Mnr. Dumisani Kumalo, Suid-Afrika se ambassadeur by die VN, het vooraf aangedui Suid-Afrika sal slegs ’n verklaring deur die veiligheidsraad steun as dit die proses in Zimbabwe verder voer. Die gesprekke in Harare met Suid-Afrika se tussenganger is in ’n “baie sensitiewe stadium”.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|