Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Steelvideo wys Zim-stemknoeiery
’n Geheime video geneem deur ’n Zimbabwiese tronkbewaarder wys hoe pres. Robert Mugabe se regering tydens die onlangse verkiesing met stemme geknoei het. Mnr. Shepherd Yuda (36), die bewaarder, vrees nou vir sy lewe. Hy en sy familie het uit die land gevlug en is in “ ’n veilige plek”. Hy het ’n geheime kamera – wat die Britse koerant The Guardian vir hom gegee het – gebruik om ’n video te neem van hoe hy en sy kollegas gedwing is om vir Mugabe te stem. Die video wys hoe hy en ander bewaarders voor ene supt. Shambira – ’n sogenoemde oorlogsveteraan – hulle stembriewe moes voltooi. Yuda het in ’n onderhoud met The Guardian gesê hy is gemotiveer deur die toenemende geweld in Zim en die moord op sy oom, ’n MDC-aktivis, twee maande gelede. Yuda het vir ses dae voor die uitklopverkiesing op 27 Junie geheime video-opnames gemaak. Mugabe het later verklaar dat hy 90% van die stemme gewen het. “Ek het nooit voorheen sulke geweld gesien nie,” het Yuda aan The Guard- ian vertel. “Hoe kan ’n regering wat homself demokraties noem, sy mense so vermoor en martel?” Hy is nie spyt dat hy die video gemaak het nie. “Ek het my oom verloor. My pa is ook deur Zanu-PF aangerand. Ek bid tot God: ‘Asseblief God, wees genadeloos met Zanu-PF.’ ” Mnr. Morgan Tsvangirai, MDC-leier, weier egter om met Mbeki te praat. Mnr. Nelson Chamisa, MDC-woordvoerder in Zimbabwe, sê die party sal nie gesprekke met Mugabe in sy hoedanigheid as president hou nie. “As ons vir Mugabe as hoof van Zanu-PF ontmoet, dan is daar geen probleem nie. “Maar nie as staatshoof nie . . . sy posisie is in dispuut.”
|
|||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|