Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Blaser erken hy fouteer met boorvat en NS-‘drie’
Jul 06 2008 09:46:35:753PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die All Black Brad Thorn kom gister by die tugverhoor in Wellington, Nieu-Seeland, aan waar hy geskors is weens 'n boorvat op die Bokke se kaptein, John Smit.Foto: Ross Setford, AP/NZPA
Verwante Berigte
  • TV-skeidsregter se getjommel 'groeipyn'
  • Stephen Nell


    Wellington (Nieu-Seeland). – “As ek die voorval ten volle gesien het, sou ek ’n geel kaart gegee het,” sê die Australiese skeidsregter Stuart Dickinson.

    Hy het gister gereageer op die omstrede voorval in eergister se Drienasies-rugbytoets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland toe die All Black-slot Brad Thorn die Springbok-kaptein John Smit met ’n laat boorvat grond toe geboor het.

    Thorn is uitgewys en gister in ’n tugverhoor skuldig bevind aan onsportiewe gedrag. Hy is ’n wedstryd lank geskors en loop die tweede toets mis.

    Die voorval het in die sesde minuut gebeur nadat Dickinson sy fluitjie geblaas het vir ’n gevaarlike duikslag deur die All Black-flank Adam Thomson op die Bok-heelagter Conrad Jantjes.

    Smit se lies is beseer en hy moes in die 38ste minuut die veld verlaat. Dis onwaarskynlik dat hy betyds fiks sal wees vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks op Carisbrook in Dunedin.

    Volgens Dickinson het nóg hy nóg sy assistent-skeidsregter die voorval ten volle gesien en daarom het hulle die “korrekte” besluit geneem om Thorn nie van die veld te stuur nie.

    Dit was ’n belangrike oomblik in die wedstryd, want die All Blacks het vroeg hul stem veral voorlangs dik gemaak. Dis onwaarskynlik dat hulle dieselfde oorheersing sou gehad het as Thorn tien minute lank in die koelkas was of afgestuur is.

    “Ek het na links gekyk om ’n speler dop te hou vir ’n hoogvat. Net toe ek na regs kyk, was Smit in die lug. Ek het nie gesien hoe hy geland het nie,” het Dickinson gesê.

    “Die grensregter se sig is deur spelers geblokkeer. Hy het hom sien opgaan en weer afkom, maar het nie gesien hoe hy geland nie. Ek het nou die kykweer gesien en sou ’n geel kaart gegee het as ek alles gesien het.”

    Dickinson het ook erken hy het ’n fout begaan deur in die 58ste minuut nie vir Nieu-Seeland ’n drie toe te ken nie.

    Die All Blacks se agtsteman, Jerome Kaino, het sy tweede drie “gedruk” ná ’n briljante grondskoppie deur die lossskakel Dan Carter. Dickinson het beslis Kaino was voor die skopper en dus onkant.

    “Ek het ná die tyd die All Blacks se hulpafrigter, Steve Hansen, verskoning gevra,” sê Dickinson. “Jy moet groot genoeg wees om te kan erken as jy ’n fout begaan het.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

     
    Stuart Dickenson, 07/07/2008, Ian
    Die probleem wat Mr. Dickinson het is dat waar hy in 'n wedstryd blaas dit altyd een of ander kontroversie ontlont. dit is heel goed in WWF en boks, maar nie in Rugby nie.
    Swak beslissings deur die skeidsregter beïnvloed op die einde van die dag die wedtryd se uitslag (het tien teen een Saterdag so gebeur). Is dit nie tyd dat die skeidsregters ook voor tug kom wanneer wedstryde so swak geblaas word nie?
    Wat van deel van sy wedstry fooi moet opdok vir swak beslissings? Wat ek wel kan sê is dat wanneer hy weer op Loftus kom blaas hoop ek van harte hy hou van Naartjies, sommer Baie Naartjies!!!!!
    SWAK SKEIDSREGTERS, 07/07/2008, Anton
    Wanneer gaan die IRR begin om skeidsregters OPENLIK te kritiseer wanneer hulle 'n swak wedstryd gehad het? Waarom word skeidsregters beskerm - amper soos regters? Stuart Dickinson is PARTYDIG - maak nie saak wie wat sê nie.
    Dieselfde het gegeld Saterdag met 'n patetiese vertoning van JC Fortuin saam met sy lyn skeidsregters - julle het reeds begin om toeskouers weg te jaag omdat julle so pateties IS Word wakker SARU en IRR!!!!
    Stuart Dickinson, 07/07/2008, judith
    Hoe blind wil hy wees om dit nie te kan sien nie? Was dit een van die Springbokke dan was hy seker vir 3 weke geskors of dalk vir die hele reeks...die lynregters is ook hopeloos, en waarvoor hulle daar is niemand weet.|Dit is tyd dat die skeidsregters ook GESKORS WORD VIR 'N AANTAL WEDSTRYDE VIR SWAK BESLISSINGS.
    Stuart die blinde muis, 07/07/2008, J.Oosthuizen
    Ag nee wat Stuart . Jy was nie eers twee meter weg van die boorvat af nie, en jy wil ons oortuig jy kon niks sien nie.As jy dit nie kon sien nie, wonder ek hoe sien jy 'n denkbeeldige onkantlyn dan raak?
    Jy (en jou lynskeidsregter) word betaal om dit te sien.Die Bokke sal ALTYD tweede kom in 'n 50/50 beslissing met hom. Onthou julle daai Ierland fiasko toe hulle gaan druk terwyl John en sy manne kringetjie gemaak het?
    Nee wat, verwyder hom, Hy kan nou maar net nie onpartydig wees nie.
    Kritieke foute!!, 07/07/2008, PJG
    Ek kon my oë nie glo nie toe die skeidsregter en die lynregter nie een 'n kwessie gemaak het oor die onwettige boorvat op Smith nie! Almal weet dat indien dit andersom was en dit 'n springbok was, was hy met 'n rooie afgestuur! Hoekom aanvaar ons amptenare die dinge sommer net so. In Australië en NS sou die koerante en die amptenare ernstig op die man afgekom het en gevra het dat die wedstryd as 'n KNOEIERY afgemaak word?!!!
    Stuart Dickinson, 07/07/2008, PC Badenhorst
    Die man hoort nie op die IRR se paneel van skeidsregters nie. Thorn moes 'n rooi kaart gekry het, en die All Blacks is beroof van 'n drie. En dan wil hy elke hawerklaps 'n TV-beslissing sien!
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |