Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Handtekeninge waarborg nie sukses'
Jul 22 2008 12:04:26:650PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Die memorandum van verstandhouding
  • Zimbabwe op 'n nuwe pad
  • Die ooreenkoms om samesprekings met Zanu-PF te hou, waarborg nie 'n einde aan Zimbabwe se politieke krisis nie, het mnr. Morgan Tsvangirai Dinsdag gesê.

    Die ondertekende ooreenkoms bied egter die mees "tasbare geleentheid die afgelope tien jaar om die lewe van Zimbabwiërs te verbeter", het die MDC-leier in 'n brief aan ondersteuners geskryf.

    "Maar ons handtekeninge waarborg nie dat ons die meeste van die geleentheid sal maak nie."

    Hy het gewaarsku dat die samesprekings wat later Dinsdag in Suid-Afrika moet begin, nie sal slaag as dit teen die agtergrond van geweld plaasvind nie.

    Die ooreenkoms Maandag sluit onder meer in in dat geweld afgesweer moet word.

    "Hierdie samesprekings kan net slaag as wet en orde herstel word, as mense in veiligheid met hul lewe kan aangaan en as die media ophou om haatspraak te gebruik om tweespalt te veroorsaak en as aanvalle op MDC-parlementslede, ander lede en ondersteuners gestaak word," het hy gesê.

  • Ondertussen het die buitelandse ministers van die Europese Unie Dinsdag sanksies teen Zimbabwe uitgebrei deur nóg 37 individue op die lys te voeg wat deur 'n verbod op visums en deur batebevriesing geraak word. - Sapa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |