Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Zim-onderhandelinge begin
Jul 23 2008 10:10:22:303PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Zimbabwe: Partye is in die drukgang
  • Brullend uit Afrika op pad na Londen
  • 'Handtekeninge waarborg nie sukses'
  • Zim op 'n nuwe pad
  • Lig aan einde van 'n tonnel
  • Media24-Afrika-kantoor en Sapa


    Topvlak-samesprekings tussen amptenare van Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party en opposisiepartye met die oog op ’n regering van nasionale eenheid in dié land het in Suid-Afrika begin.

    Dié aankondiging is deur 'n woordvoerder van pres. Thabo Mbeki gemaak.

    Dit kom ná die ondertekening Maandag in Harare van die agenda, die reëls vir die gesprek en die tydraamwerk van twee weke waarbinne dit afgehandel moet word.

    Sowel die Zanu-PF-afvaardiging as die MDC-afvaardigings se vertrek uit Zimbabwe na Suid-Afrika is egter vertraag weens ’n twee dae lange kabinetsitting van die Mugabe-regering en ’n hoofraadbyeenkoms van mnr. Morgan Tsvangirai se beweging vir demokratiese verandering (MDC).

    Die voorhoede van hul onderskeie ondersteuningspanne het egter sedert Dinsdag in Pretoria begin aankom en voorlopige gesprekke het plaasgevind.

    Die partye self word ingevolge die memorandum van verstandhouding (MV) verbied om met die media te praat vir die duur van die onderhandelings.

    Die Zanu-PF-onderhandelaars is mnre. Patrick Chinamasa en Nicholas Gocha. Tsvangirai se MDC-span is mnre. TendaiBiti en Elton Mangoma en die MDC-faksie van mnr. Arthur Mutambara word verteenwoordig deur prof. Welshman Ncube en me. Priscilla Mushonga.

    Met die uitsondering van Mushonga bestaan die onderhandelingspanne uitdieselfde mense wat oor die MV onderhandel het.

    Hulle sal waarskynlik byeenkom onder die voorsitterskap van die Suid-Afrikaanse fasiliteerder en minister van plaaslike regering, mnr. Sydney Mufamadi.

    Die plek waar die onderhandelings plaasvind, word steeds geheim gehou.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |