Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tsoenami tref Florries
Die Hoërskool Florida het hom Saterdag in die magtige golf van die Hoërskool Waterkloof vasgeloop in die NuPower Tuks-reeks. Klofies het Florida in die kwarteindstryd van dié reeks oorrompel en 58-12 gewen. Aanvanklik het dit gelyk asof ’n begeesterde Florries-span Waterkloof sou verras, maar die Pretoria-span het gewys hoekom hy as een van die gunstelinge beskou word. Florida was eerste agter die doellyn en Wessel de Klerk, regtervleuel, het in die eerste minute van die wedstryd gedruk. Dit was egter die laaste keer wat Florida gelyk het asof hy die wedstryd kan wen. Waterkloof het vinnig teruggeveg ná Florida se eerste drie en het gou ook ’n drie gedruk. Kort daarna het Florida ’n reuseterugslag gekry toe die stut, Brandon du Plessis, ’n geel kaart gekry het. Klofies het die fout uitgebuit en hul tweede drie aangeteken. Teen rustyd was Waterkloof 24-7 voor. In die tweede helfte het Florida goed begin, maar hulle kon net nie punte aanteken nie. Ná Klofies die aanvanklike aanvalle van Florida gestuit het, het hulle behoorlik begin baljaar en die drieë ingeryg. Florida het egter gewys dat hy ’n span is wat nie sommer opgee nie en sy heelagter, Clinton Wagman, het die span se enigste punte in die tweede helfte aangeteken. Waterkloof het nog twee drieë gaan druk om die eindtelling 58-12 te maak.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|