Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Monnas wys hy kan
May 01 2008 09:07:43:030AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die vaskopvoorry van Monnas se eerste span, Ruan Dreyer, tydens een van sy talle kraglopies. Foto: Marius Nortjé
Marius Nortjé


Ná Monnas se eerste rugbyspan verlede jaar twee keer die knie voor die Hoërskool Eldoraigne, Centurion, moes buig, het hulle uiteindelik Saterdag in die NuPower Tuks- kwarteindronde sukses behaal.

Die Hoërskool Monument het die kampioen, Eldoraigne, met 16-5 by die Hoërskool Marais Viljoen in Alberton geklop.

Die ingeoefende skopskoen van Christo Potgieter, Monnas se losskakel, het die telbord aan die rol gesit met ’n uitstekende strafskop in die 14de minuut van die eerste helfte.

Monnas se klein generaaltjie agter die skrum, kaptein Whestley Moolman, het in die 20ste minuut met ’n stukkie briljante spel vorendag gekom. Hy het van die halflyn af sowat ses verdedigers van Eldoraigne geklop en heen en weer oor die veld gehardloop tot reg langs die doelpale waar hy ’n welverdiende drie gedruk het.

Wilken Odendaal van Eldoraigne het kort daarna agter Monnas se doellyn besoek afgelê en Monnas se Potgieter het net voor rustyd met nog ’n strafdoel geslaag. Die telling was teen halftyd 13-5 in Monnas se guns.

Tydens die tweede helfte het albei spanne hul lywe op die spel geplaas, maar nie een kon daarin slaag om deur hul teenstanders se verdedigingslinies te breek nie.

Eers in die 26ste minuut van die tweede helfte het Christo Potgieter losgetrek en ’n briljante skepskop tussen die pale deurgestuur. Dit het die wedstryd in Monnas se guns beklink.

  • Monnas het Donderdag 1 Mei in die halfeindstryd teen HTS Middelburg by die LC de Villiers-stadion in Pretoria gespeel. Wes-Beeld sal in die uitgawe van 9 Mei daaroor berig aangesien ons reeds voor dié wedstryd gesak het. Die ander halfeindstryd word tussen die Hoërskool Waterkloof, Pretoria en EG Jansen, Boksburg, ook op LC de Villiers gespeel.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |