Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Skaaktrofee bly by Florries se slimkoppe
Die Florries A-skaakspan, ook bekend as die dream team, het weer eerste uitgespeel by die Hoërskool Eldoraigne, Centurion, en 15 topskole geklop. Dié talentvolle skaakspelers het ál sewe hul wedstryde in die NuPower Tuks Super 16-toernooi gewen. In die halfeindronde het hulle teen Dr. E.G. Jansen (14.4/2.1) en in die eindronde teen Waterkloof (10.4/6.1) gewen. Die NuPower Tuks-skaakwisseltrofee bly by Florries. Alle spelers het ook sertifikate ontvang. Dirk Bakker en Laetitia van Wyk het albei trofeë ontvang vir hul wenspel van 9 uit 9 rondes. Die volgende spelers het ook trofeë ontvang vir die beste bordspel: Anton Lombard (bord 3: 8/9), Gerdus Benadé (bord 5: 8/9), Steven Joubert (bord 6: 8/9), Paul Maritz (bord 9: 8/9), Ian Cawood (bord 4: 7/9).
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|