Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hoe ‘groen’ is jou motor?
Die hoeveelheid skadelike uitlaatgasse wat deur voertuie vrygestel word, kan in die toekoms deur die owerhede gemeet word. Die Johannesburgse metroraad is tans besig om nuwe regulasies op te stel wat amptenare die groen lig gaan gee om motoriste te stop en omgewingstoetse op voertuie te doen. Dié stap is onlangs deur die omgewingsdepartement voorgestel om die luggehalte te ondersoek en veral te kyk na die effek wat motoruitlaatgasse op lugbesoedeling het. Die bestaande regulasie maak net voorsiening vir toetse op voertuie van bestuurders wat vrywillig instem. Nadat die voorgestelde regulasie aanvaar is, sal amptenare motoriste gereeld van die pad kan aftrek om “omgewingstoetse” op motors te doen. Dié stap wys die raad se erns om aan die wêreldwye klimaatsveranderings-, aardverhittings- en omgewingsverwante wetsvereistes te voldoen. Mbedzi Maluta Pennington, senior luggehaltespesialis van die metroraad, sê mense is onbewus van die groot hoeveelhede koolstofmonoksied en fossielbrandstofgasse wat hulle daagliks inasem. Die metro het verlede Donderdag ’n veldtog by die parkeerterrein van die metropersoneel in Braamfontein gehou. Motoriste wat vrywillig ingestem het, se motors is getoets vir die hoeveelheid fossielbrandstof wat deur hul motors verbrand word. Dié luggehaltetoets word met ’n toestel gedoen wat aan motors se uitlaatpype vasgemaak word en ’n lesing neem. Die toetssentrum verskaf die klassifikasie van die lesings wat geneem word. Pennington sê die raad gaan nou gereelde algemene omgewingstoetse in en deur die stad doen om skadelike besoedelingsbronne op te spoor. “Ons moet ook die impak wat mynhope op die omgewing se luggehalte het, verminder en wetgewing toepas.” Volgens Pennington bestaan daar ’n nood in Johannesburg om die lugbesoedeling wat deur motors, fabrieke, watersuiweringswerke en mynhope veroorsaak word, te verminder. Gideon Slabbert, senior lugbesoedelingspesialis, sê dit sou ideaal wees om motors weekliks te toets. “Sulke operasies moet op vasgestelde plekke langs die hoofpaaie van die stad gedoen word om die werklike omvang van die besoedelingsprobleem te evalueer.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|