Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Die fokus is op wyse geveerdes
Hoe-hoe! Die uile roep! Die Johannesburgse Dieretuin bied van 3 tot 5 Mei as deel van die Sasol-Birdlife Nasionale Voëlweek uitstallings, demonstrasies en begeleide voëltoere by die Bandstand-gebied in die dieretuin aan. Sandra Sibongile Hlungwani, woordvoerder van die dieretuin, sê Birdlife Suid-Afrika het besluit om die voëlweek aan al die verskillende uile van Suid-Afrika te wy. “Vanjaar se voëlweek gaan geesdriftige voëlliefhebbers van dwarsoor Gauteng na die dieretuin toe trek.” Al die lesings word by die Discovery-sentrum by dié dieretuin gehou. Die tweedag-beginnerskursus en ’n skoolprogram word op 5 Mei van 09:00 tot 12:00 by die dieretuin aangebied. “Kinders van alle ouderdomme gaan nie net aan dié voëls voorgestel word nie, maar ook ingelig word oor die belangrike rol wat die omgewing in die volhoubare voortbestaan van enige voël-, dier- of menselewe speel.” Toegang is R21 per persoon. Vir inligting bel 011 646 2000. – Hettiën Strauss
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|