Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Met haar roer na Beijing
May 01 2008 09:07:35:047AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Esmari van Reenen is net so tuis in die kruietonnels op hul plaas, as agter die visier van haar geweer. Foto: Francois Oosthuizen
Francois Oosthuizen


Esmari van Reenen (26) se droom het waar geword toe sy gekies is vir die Suid-Afrikaanse skietspan wat aan die Olimpiese Spele in Beijing gaan deelneem.

“Ek berei al die afgelope drie jaar voor wat die skiet betref, maar nó? begin die emo?sionele voorbereiding,” het ’n trotse Esmari gesê.

Dié oudleerling van die Hoërskool Monument in Krugersdorp, wat “per ongeluk” begin skiet het, neem al sedert 1998 aan internasionale kompetisies deel.

Sy het pas teruggekeer van die wêreldbekertoernooi in Beijing. Dit is op dieselfde baan gehou waar die Spele gaan plaasvind.

“Ek sien baie daarna uit om by die Spele te kompeteer en vriende wat ek oorsee gemaak het weer te sien,” het sy gesê.

Volgens haar is dit belangrik om met jouself te kompeteer. “By Suid-Afrikaanse kompetisies is die mededinging dikwels nie so sterk nie, maar ek probeer altyd om op my eie tellings te verbeter.”

Esmari woon op die plaas Marolien buite Krugersdorp waar sy en haar ouers met kruie boer.

“Ek het B.Sc. rekenaarwetenskap by Tukkies gestudeer, maar ek het besef ek wil nie heeldag voor ’n rekenaar sit nie.”

Haar oefenprogram bestaan uit ’n daaglikse sessie van drie ure waar sy uit twee posisies skiet. Die volgende dag wissel sy dit met twee ander skietposisies af.

“Ek oefen tussen vier en ses sessies per week met ammunisie en ek gebruik die S.C.A.T. Shooter-rekenaarprogram om my posisies te verfyn.”

Volgens haar is daar min verskil tussen die skietvermoëns van mans en vroue. Sy reken egter vroueskuts het ’n voordeel, omdat hulle kalmer bly onder druk.

Esmari het al in verskeie koerante en op televisie verskyn, maar sy sukkel nog om aan dié roem gewoond te raak. “Ek is eintlik ’n introvert en televisieonderhoude maak my baie senuweeagtig.”

Haar deursettingsvermoë en doelgerigtheid behoort egter meer as genoeg te wees om haar sukses by die Olimpiese Spele te verseker. – francois.oosthuizen@beeld.com.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |