Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Glinsterbal vir gidshonde
Vanjaar se Winterbal, wat op 26 Julie gehou word, beloof om ’n uitsonderlike aand te wees met glans, misterie, speelsheid en ’n tikkie pienk daarby. Dié bal word gehou ten bate van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging (SAGV) om geld in te samel vir die opleiding van gidshonde. “Dit neem liefde, sorg en toewyding om die gidshonde op te lei, maar dit kos ook geld. Dit is hoekom die Winterbal vir ons so belangrik is,” het Pieter van Niekerk, SAGV-voorsitter, verduidelik. Verlede jaar se bal het sowat R300 000 ingesamel en die organiseerders hoop om by die agtste bal hierdie bedrag te oortref. Tom London, bekende radiopersoonlikheid, tree vanjaar as beskermheer van die geleentheid op. “Gidshonde gee aan blindes onafhanklikheid wat ander mense as vanselfsprekend aanvaar,” het hy by die bekendstelling van die bal gesê. Vanjaar se tema is Socialite en die kleredrag moet ’n tikkie pienk bevat. Die Winterbal het een van die topgeleenthede op Johannesburg se sosiale kalender geword en word by Montecasino in Fourways gehou. Vir inligting, bel Edith Venter by 011 783 5887. – francois.oosthuizen@beeld.com.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|