Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Komitee bring weldoeners byeen
’n Koördineringskomitee vir gemeenskapsdienste (KKG) is onlangs tydens ’n vergadering van weldoeners in Krugersdorp, wat by die NG Kerk gehou is, gekies. Volgens Karin Potgieter, die sameroeper, gaan verskillende weldoeners in die toekoms met mekaar skakel om die nood van mense in die gebied te verlig. Die doel van die KKG is om gemeenskapsdienste soos sopkombuise, kindersorg en materiële dienste te koördineer. “ ’n Ongelooflike hoeveelheid projekte om minderbevoorregtes te help, is in Krugersdorp aan die gang. Mense is dikwels by dieselfde projek betrokke sonder om van mekaar te weet en dan word hulpbronne vermors.” Tydens die vergadering is die komitee gekies en ’n lys van beskikbare hulpbronne is opgestel. “In die toekoms weet ons nou wie deel komberse uit en wie deel kos uit. So kan ons mense wat wil help en dié wat hulp vra, verwys.” Volgens Karin is daar baie organisasies wat hulp verleen in Krugersdorp wat nie die vergadering bygewoon het nie. Karin vra dat mense wat by gemeenskapswerk betrokke is en by die KKG wil inskakel, vir San-Mari Ferreira by 083 325 9871 gedurende kantoorure kontak. Volgens Karin het die inisiatief om dienste te koördineer uit ’n groep kerkleiers ontstaan.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|