Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Hier dra elkeen sy deel by
May 01 2008 09:07:09:033AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ilse Scholtz, 'n inskrywing vir Mej. Wes-Rand, en Karin Potgieter, sameroeper van die Krugersdorp-koördineringskomitee vir gemeenskapsdienste, het saam Coronationpark besoek.
Marié Pieterse


Welsyn- en weldoen-organisasies is hard aan die werk om die lot van hulpbehoewendes in Krugersdorp te verlig.

Op ’n Sondagmiddag besoek Wes-Beeld die Coronationpark-kampeerterrein by die Krugersdorpdam saam met Karin Potgieter. Sy is die sameroeper van die Krugersdorp-koördineringskomitee vir gemeenskapsdienste (KKG). (Sien ook ander berig op bl. 2.)

Hier woon sowat 200 plakkers waarvan 60 kinders is. En baie foksterriërs.

Die inwoners ken haar goed en soek haar dadelik op om “sake” in die kamp te bespreek.

“Die meeste mense hier ontvang hulp van die staat. Dis koud in die tente en daarom probeer mense om ’n houtvloer onder die tente te kry.”

Karin wys die tuine en hoe gesinne hul stukkie grond afkamp. Oral staan potplante op tafels.

Dan gaan ons na die kombuis waar drie maaltye per week bedien word. Die man aan die stuur van sake is ’n voormalige Bloutrein-sjef, Simon Theron.

Die sinkkombuis is nie juis groter as dié van ’n trein nie, maar hy is gesteld op die netheid van die omgewing en die gehalte van die kos.

“Almal hier kry swaar en ek wil hulle graag met lekker kos bederf.”

Vandag is dit Kentucky, Spaanse rys, kool en aartappels, slaai en vrugteslaai.

“En ’n bietjie custard net vir die lekker.”

Maar almal se gunsteling is special potatoes. Simon sê dis sy kapokaartappels sonder ’n enkele klont.

Karin vertel dat tweeplaatstofies verlede Kersfees uitgedeel is sodat die inwoners vir hulself kan kosmaak.

Die kamplewe vereis dat elkeen sy deel bydra. Lyste word vir alle bedrywighede opgestel, of dit die skoonmaak van die badkamers of ’n wasbeurt is.

“Die mense betaal nie ’n sent vir hul blyplek nie, anders verloor hul hul plakkerstatus.

“Daar gaan laekostebehuising naby Coronationpark gebou word en hopelik kan die mense aan die einde van die jaar daar intrek. Dan sal mense nie weer toegelaat word om hier te woon nie.

“Die mense wat nie soontoe wil trek nie, sal dan ’n ander plan moet maak.”

Inwoner Willie Craucamp sê hy wag vir ’n pensioenuitbetaling en dan is hy weg.

“Jy kan nie jou kinders hier grootmaak nie.”

Karin is ’n gewillige oor, maar omdat sy ook ’n beroep beoefen, moet almal vir haar SMS’e stuur.

“Dan weet ek of ek die ambulans moet bel en of dit kan wag tot later.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |