Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Felapeng-projek hang
May 08 2008 11:56:14:287AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hettiën Strauss

Het die Felapeng-bouprojek in Fairland, Johannesburg, misluk?

Dít is die ope vraag van ?Deon Oberholzer, voorsitter van die Fairland- inwoners en belastingbetalersvereniging (FRRA) en die Jerusalem Aksiegroep (JAC).

Onderhandelings vir die projek het reeds in 2005 begin en daar sou vanjaar met bouwerk begin word.

Die projek kon egter nie aan die gang kom nie en moet nou weer van vooraf beplan word.

Die perseel is langs die nuwe kantoorpark van WesBank en ENB se huisleningsafdeling.

“Ons is geskok nadat ons deur Crowie-projekte ingelig is dat Pam Golding-eiendomme glo nie die minimum vereiste persentasie verkope behaal het nie.”

Crowie word nou genoodsaak om die projek te herontwerp om dit by die huidige markomstandighede aan te pas.

“Die eiendomsmark het as gevolg van stygende rentekoerse ’n groot insinking beleef.”

Volgens die terugvoering wat die FRRA van Pam Golding gekry het, is dié segment van die eiendomsmark – eiendomme met ’n waarde van meer as R1,2 miljoen – die hardste getref.

Sedert die nuus aangekondig is, het Johannesburg Property Company (JPC) en FRRA verskeie vergaderings met die projekspanlede gehou.

“Ons wag tans vir Crowie om die nuwe projekplan voor te lê.

“Almal is bekommerd oor die ontwikkeling. Ons het geglo dié projek was die geskikste voorstel vir ’n insluitende behuisingsprojek in ons omgewing.

“Albei partye het toegewings gemaak en die gemeenskap het die finale projek goedgekeur.

“ ’n Duitse student van die Universiteit van Bayreuth, Bernhard Rohkemper, het selfs ’n verhandeling oor behuising met verwysing na die projek gedoen.”

Oberholzer sê die inwoners is moedeloos oor die volgehoue druk wat die projek nou weer op die gemeenskap plaas.

“Ons is bekommerd dat die ontwikkelaar nou moontlik vir projekverdigting kan vra oor die grootte van eenhede wat opgerig gaan word.

“Indien die projek gekanselleer word, bestaan die risiko dat ons eindig waar ons begin het, wat ons inwoners se risiko net te groot maak.”

Volgens Alan Dinnie van die JAC bestaan daar ’n sterk gevoel dat die JPC ’n groter deel van die wins wat uit die hersonering van die erwe afkomstig is, in die gemeenskap moet terugploeg.

Oberholzer sê die groter aantal inwoners en kantoorwerkers sal toenemende druk plaas op skole, paaie en misdaadvoorkoming in die gebied.

Rdl. Laurette van Zijl sê die gemeenskap en die projekleiers moet in die gegewe omstandighede mekaar tegemoet-kom en met ’n nuwe volhoubare behuisingsprojek vorendag kom.

“Dan kan die projek soos voorheen beplan nogtans suksesvol en holisties bestuur word.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |