Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ouma Trudie mal oor kleinkind
May 08 2008 11:56:12:930AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Wie gaan Sondag op Moedersdag bederf word? Die aktrise Trudie Taljaard, haar dogter Eloise Liebenberg en eerste kleinkind, Jeanine (vier maande). Foto: Marié Pieterse
Marié Pieterse

Dis ’n Moedersdag in ’n ander gedaante vir die aktrise Trudie Taljaard. Sy het in Januarie ouma geword en sê dis ’n onbeskryflike gevoel. Haar kleindogter se naam is Jeanine.

“Ons het nog altyd ’n groot fuss gemaak van verjaarsdae en Moedersdag. Die skinkbord word gedek met blomme en kaartjies en dan word dit ingedra.

“Ek het onlangs weer Linden toe getrek en ek het juis vanoggend sit en kyk na al die kaartjies wat Justine en Eloise vir my vir Moedersdag gemaak het. Ek het ’n boek daarvan gemaak.”

Trudie sê haar dogters moes self kaartjies maak en die kaartjies het met die jare al hoe groter geword en naderhand soos boeke gelyk.

“Die feit dat iemand jou onthou en vir jou iets bring, sê vir jou iets.

“Moedersdag is so ’n bevestiging van God.”

Justine en Eloise het in Desember 2006 saam getrou. Eloise het haar Portugese man, Miguel Diogo, in Engeland ontmoet en klein Jeanine is hier gebore.

“Om jou dogter met haar eie dogtertjie te sien, is onbeskryflik. Eloise is so ’n kalm ma. Ek was so bang Justine breek toe sy klein was.”

Klein Jeanine se oë volg Ouma die hele vertrek vol. Op vier maande is haar gunsteling?oumaliedjie “Hoe ry die boere sit-sit so” en maak sy al bene styf vir die skommel.

“Elke ma moet mos haar kind se taal vind. Doek! Kos! Jeanine praat aanmekaar. Die pa’s is ’n bietjie stiller.”

Trudie sê sy mis die gesprekke wat hulle in haar ouma se kombuis gehad het toe die vrouens om die tafel gekuier en geklets het.

“Hulle het sommer so oor alles gepraat, oor hartseer, vreugde en drome.

“Hulle het sommer jou probleme net daar opgelos.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |