Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Polisie, GPF span saam
May 08 2008 11:56:09:990AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Johannesburgse berede eenheid word tans in die Honeydew-polisiekantoor se groen gordelgebied ontplooi.
Hettiën Strauss

Die Honeydew-polisiekantoor het die afgelope tyd verskeie misdaadvoorkomings?aksies van stapel gestuur.

Insp. Karin Jacobs, woordvoerder, sê die polisie en gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het in samewerking met ander eenhede verskillende taktiese operasionele planne beraam om misdaad te voorkom.

Die Johannesburgse berede eenheid in samewerking met dié polisiekantoor se misdaadvoorkomingseenheid word tans in die Honeydew-kantoor se groengordel?- gebiede ontplooi.

’n Nuwe padblokkade-eenheid is saamgestel wat op voorgestelde tye blokkades in probleemgebiede in en om die Honeydew-polisiegebied sal opstel.

Die polisie vra die samewerking van inwoners van Honeydew, Roodepoort en Florida na dié eenheid se onlangse deurbrake met huisrooftogte.

Die polisie versoek slagoffers wat tussen Augustus en September verlede jaar onder huisinbrake deurgeloop het en waarby ’n wit Corsa-bakkie betrokke was, om Leburu te bel by 0 082 093 1001.

Die misdaadvoorkomingseenheid van dié polisiekantoor het ook twee dwelmsuksesse gehad waar mense vasgetrek is met dwelms in hul besit.

Twee Nigeriërs is vir die besit van dwelms gearresteer.

Die dwelms het uit 350 g dagga, 275 g kokaïen, 79 Ecstacy-tablette en 635 g stof met ’n onbekende dwelmafkoms bestaan.

’n Suid-Afrikaanse man is in ’n padblokkade met ’n massiewe hoeveelheid dagga betrap. Dié 37-jarige man het ’n nuwe Toyota-minibus met getinte motorruite bestuur.

Volgens Karin was die daggavonds “een van die grotes”. Beslag is gelê op 86 swart vullissakke dagga met ’n massa van 1 222 kg en ’n straatwaarde van sowat R6,1 miljoen.

Die polisie vra opnuut alle sakelui en huiseienaars om die polisie se noodnommers byderhand te hou.

“Wanneer inwoners in ’n skoktoestand verkeer, is hulle dikwels nie eens in staat om familielede se telefoonnommers te onthou nie.

“Plak die noodnommers op ’n plek in jou huis waar alle familielede weet waar om dit in noodgevalle te kry.”

Die noodnommers van Honeydew-polisiekantoor is:

Die 24-uur-per-dag operasionele kantoor by 011 795 1969/ of skakel 10 111.

Sektorvoertuie:

Sektor 1 by 083 679 0206

Sektor 2 by 083 679 0207

Sektor 3 by 083 679 0208

Sektor 4 by 083 679 0209

Inwoners wat onseker is oor die nommer van hul sektor, kan navraag doen by Karin by 082 337 1085 of Carmel van die GPF-kantoor by 011 801 8406 (Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 13:30). hstrauss@beeld.com


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |