Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Rudi kook van kleins af met liefde
May 08 2008 11:56:06:943AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die bekroonde sjef Rudi Liebenberg sal vanjaar vir die tweede keer by die Olimpiese kompetisie vir kookkuns in Duitsland meeding. Foto: Francois Oosthuizen
Francois Oosthuizen

Rudi Liebenberg, bekroonde sjef van die Saxon-boetiekhotel in Sandhurst, sê sy ma het hom geleer om met liefde te kook.

“My ma het my baie geleer van kosmaak. ’n Mens moet hou van kook, anders kan jy net sowel wegneemetes koop.”

Hy sê deesdae weier sy ma om vir hom te kook. En met só ’n sjef in die familie, sal enigeen eerder aansit as om self te kook.

Benewens verskeie internasionale en plaaslike toekennings, sal dié boorling van Melville vanjaar ’n tweede keer aan die Olimpiese kompetisie vir kookkuns in Erfurt, Duitsland, deelneem.

“Ons gaan bestanddele gebruik wat eie is aan Suid-Afrika en kos voorberei wat ons goed ken.”

’n Voorgereg met kreef en forel, ’n hoofgereg met springbokvleis en beet en ’n nagereg van malvapoeding en nartjies is op die spyskaart.

Die spanne kry vyf ure om kos vir 110 mense voor te berei. Die uitdaging is om al 110 kaartjies te verkoop en ook die beoordelaars te beïndruk. Volgens hom hou oorsese gaste wat die Saxon besoek daarvan om unieke Suid-Afrikaanse kos te eet.

“Volstruis en vis is baie gewild en mense hou daarvan om die krokodil te proe.”

Hy hou daarvan om met salm, tamatie, lamsvleis en saffraan te kook. “As ek eet, hou ek van gevulde pastas of ’n eenvoudige pizza met salami of ham.”

Hy geniet kosmaak omdat hy kreatief kan wees daarmee en omdat dit iets is wat die sintuie betrek. “Dit is ook lekker om voortdurend te verander, en ek stel elke drie weke ’n nuwe spyskaart saam.”

Hy sal graag eendag sy eie restaurant wil begin. “Dit sal ’n bistro-tipe restaurant wees met ’n gemoedelike atmosfeer. Mense moet dit geniet om daar te eet en te kuier.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |