Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sewejarige o.10-wenner
Skaakmat? Nie so maklik nie! Só sê Aleida de Bruyn (7) ’n gr. 2?leerling van die Laerskool Jan Celliers in Parkview. Dié wakker sewejarige het tydens die afgelope skoolvakansie die onbetwiste Suid-Afrikaanse o.10-skaakkoningin geword. Wat haar prestasie merkwaardig maak, is die feit dat net agt nasionale o.10-spelers jaarliks na dié kam?pioenskap genooi word. Sy was die jongste speler onder die agt uitgenooide o.10-meisies en het dié afdeling gewen. Sy is na afloop van die kampioenskap vir die Suid-Afrikaanse o.10-skaakspan gekies. Dié span gaan in Oktober in Vung Tau, Viëtnam, aan die 2008 Wêreldjeugskaakkampioenskap deelneem. Aleida sê sy sit van sesjarige ouderdom by terwyl haar broer, Rynhard (9), skaaklesse kry. Verder speel sy skaak teen Pa Rynhard. Corno Klaver, haar afrigter, is as een van die Suid-Afrikaanse skaakafrigters vir Viëtnam gekies. Sy is verlede jaar aangewys as haar skool se belowendste skaakspeler. Sy laat nie toe dat skaak haar akademie, ander sportliefdes soos netbal en ballet of maats “sommer skaakmat sit” nie. Vir ouboet Rynhard is skaak “nie kinderspeletjies nie”. Hy het onlangs die toekenning as Gauteng-Wes se top-o.10-seunskaakspeler op grond van sy prestasie op die 2007 junior skaakkampioenskap in Bloemfontein gekry. Rynhard is verlede jaar as sy skool se junior skaakspeler van die jaar aangewys. Aleida sê sy het geen skaak-“geheime” nie. “Skaak toets jou kennis en vernuf.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|