Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Voëls lok duisende
Duisende voëlliefhebbers en nuuskieriges het verlede naweek ten spyte van koue en nat weer na die Johannesburgse Dieretuin in Parktown gestroom waar die jaarlikse Sasol-voël-en-voëlkykskou gehou is. Dié skou het as voorloper vir die Nasionale Voëlweek gedien wat vandeesweek landwyd gehou is en deur die departement van omgewingsake en toerisme ondersteun word. Besoekers kon ’n magdom inligting oor die mites en voordele van verskillende uilsoorte kry. Een van die uitsonderlikste uile op die skou was Jerry, ’n Eurasiese ooruil, een van die grootste uilsoorte ter wêreld. Mike Harman, wat reeds 37 jaar lank die kurator van die dieretuin se voëls is, het Jerry spesiaal vir Wes-Beeld-lesers in sy buitehok gaan vang vir ’n foto. Jerry is 10 jaar oud, weeg tussen 3 en 4 kg en is 75 cm lank. Dié ooruil is nie eie aan Suid-Afrika nie, maar word in Europa, Skandinawië, die Midde-Ooste, Rusland en Asië aangetref. Die stalletjie van die Bateleur-roofvoëlrehablitasiesentrum in Linksfield kon nie maklik misgekyk word nie. Volgens die bestuurder van die sentrum, Lorna Stanton, is die uile wat so stil op hul plekke gesit het, almal deel van hul rehabilitasieprogram en hoop sy hulle pas weer in die natuur aan. Sasol se Birdlife-stalletjie het die uitstallingskompetisie gewen. Die naaswenner was die besoekersinligtinguitstalling wat mense laat stilstaan het om na die reusagtige Aldabra-skilpad te kyk. Dié aandagtrekker is reeds op 93-jarige ouderdom dood, maar is opgestop. hstrauss@beeld.com
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|