Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dis ons woonplek dié
Die mense van Melville is besig om hard terug te veg om hul woonbuurt weer saans vir hul eie inwoners toeganklik te maak. Vrydagaande om 23:00 trek hulle hul T-hemde met die Melville-embleem onder hul warm baadjies aan, klim in hulle motors en vaar die strate in tot vroeg in die oggendure. Dis ’n gemeenskaplike poging van die Brixton-gemeenskapspolisiëringsforum, polisie-reserviste, raadslid Sharon Sabbagh, die Melville-inwonersvereniging se voorsitter, Liza de Wit, buurtwag, blokwag en almal wat dié woonbuurt op die hart dra en wil terugneem. “Inwoners gaan eet nog saans by die eetplekke in Melville, maar ná 23:00 kom hier ’n ander crowd in wat nie verstaan dat dit ’n woonbuurt is waar mense in die week hard werk en snags wil slaap nie. “Ons is daar en ons kyk wat almal doen. Dit gaan bloot daaroor om die wette wat bestaan, af te dwing by die klubs, kroeë en eetplekke en ook by die mense wat dié plekke ondersteun.” Sharon sê hulle roep almal tot verantwoordelikheid, ook die eienaars van die geboue en die huurders van die persele wat die klubs, kroeë en eetplekke bedryf. “Ons kyk of hulle aan die voorwaardes van hulle dranklisensies voldoen. Indien nie, word beslag gelê op die drank tot hulle daaraan voldoen. Ons is besig om deur die hele Melville te werk. Almal word oor dieselfde kam geskeer.” Hulle ondersoek sluit ook in om te kyk of die plekke vermaaklisensies het. Almal ken vir Sharon – van die straatkinders tot die mense wat saans hulle musiek hard in motors sit en speel. Sharon hou langs hulle stil. Beduie sy wil met hulle praat sodat hulle die musiek moet sagter draai. Wanneer hulle haar kan hoor, vertel sy hulle dat hulle eintlik besig is om te oortree. As hulle in die motor sit en alkohol drink, neem sy die drankie, gooi dit uit en vertel hulle dis teen die wet om in ’n motor te sit en drink. Sy sê sy doen hulle ’n guns, want as die polisie hulle betrap, gaan hulle aangekla word. Só sit sy en bewakers van Melville elke naweek hul opruimingstog voort. “Ons is van plan om dit vol te hou tot niemand meer in ons strate urineer, opgooi of hulle kondome hier los nie. Ek is seker ons gaan wen.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|