Kompetisie-tuisblad | Vakansie-tuisblad
Hierdie foto is vroeër vanjaar by die Raaswater-oord buite Potchefstroom deur Marna Nel geneem. Dit was deel van 'n 4x4-kompetisie.
Daisy, een van agt katte, tussen die plante. Die foto is deur Elsabe Lombard geneem.
Julia van Schalkwyk (17 maande) is by 'n kers afgeneem met die idee om 'n kerskaartjie van die foto te maak. Nerine Steyn het die foto geneem.
Rebecca Louw (4) spring van 'n rots af by St Michaels-strand aan die Suidkus. Haar nefie, Nicholas Louw (14), het die foto geneem.
My bloed is blou! Hierdie "Bulls-ondersteunertjie" is in die kar afgeneem. Nicky van Staden het die foto geneem.
Eerste ontmoeting met die see...Ashley Ndlovu (8) en Marcus Sambo (6), beide inwoners van Cosmo City, geniet hul gate uit by die strand in Kaapstad. Nico Loubser het die foto geneem.
Hierdie foto van die Trans Agulhas by Struisbaai is geneem deur Reinette Maritz.
Johan Rautenbach se dogtertjie speel in 'n boom op hulle plaas in die Morgenszon-distrik in Mpumalanga. Mari-Louise Botha het die foto geneem.
Nico Steyn het hierdie foto van sy dogtertjie, Marlize Steyn, op Kersdag geneem tydens 'n kuiertjie op die Bashewa-plotte naby Pretoria-Oos.
Niekie van Zyl het hierdie foto van 'n weerkaatsing van die sonopkoms in sy geliefde se sonbril by Kaap Vidal geneem.
Hierdie foto van Amanda Fair en haar suster Suzy van Australië wat op 'n fiets sit, is deur Selomie Maritz op 'n plaas buite Naboomspruit geneem.
Finding Nemo...Bianca Anderson afgeneem by die Two Oceans Akwarium. Nikki Anderson het die foto geneem.
Noel Joubert het hierdie foto van hulle kat wat gaap op Oukersdag in Monumentpark afgeneem.
Kayla Ritter wys haar opgewondenheid om by die see te wees. Adriaan Ritter het die foto by Mbana Beach in Margate geneem.
Adriaan Ritter doen die 160m "Gorgeswing" by Oribi Gorge. Nolene Ritter het die foto geneem.
Antoinette Steyn (6) van Witbank afgeneem tydens hul kerssangdiens. Haar ma, Olivia Steyn, het die foto geneem.
Antoinette Steyn (6) ontspan langs die dam op die plaas, Witbooi, naby Dullstroom. Ilza Joubert het die foto geneem.
Hierdie brug in die Sydney-hawe, Australië, is vanaf 'n veerboot deur Owen Horwood afgeneem.
Moeg vakansie gehou...Hendrik Hansen het so diep geslaap dat hy nie eers agter gekom het dat sy kinders hom met blomme versier nie. Sy vrou, Petro Hansen, het die foto geneem.
Hierdie foto is in Venisië, Italië, tydens 'n skooltoer deur Rachelle Barnard geneem.
Jewel-Amy Woest (3) afgeneem by die Drakensville-vakansie-oord in die Drakensberge. Haar ma, Pamela Woest het die foto geneem.
Christine Penberthy het hierdie foto geneem van haar kleinkind, Thea, wat vir ouma 'n mandjie tamaties gepluk het.
André Burger het hierdie foto geneem tydens hul vakansie in Swaziland.
Kittie Snyman by een van die kunstenaars in Barcelona tydens hul vakansie. Haar suster, Patricia Lombard, het die foto geneem.
Andrea en Anina-Michelle Naude het lekker geverf op alles behalwe die papier. Hul pa, Paul Naude, het die foto geneem.
Klein Bernard Badenhorst en sy pa, Paul, het mekaar in die sand begrawe op die strand by Scottsburgh tydens hul vakansie. Elzabe Badenhorst het die foto geneem.
Hierdie foto van die sonsondergang by Sacramento in Port Elizabeth is geneem deur Paul Pearce.
Eerste kennismaking met seesand...Morné van der Merwe (6 maande) is deur sy pa, Paul van der Merwe, tydens hul vakansie by Kleinbrakrivier afgeneem.
Paul-Dirk Harley (3) gee 'n lekker gaap by To Strand aan die Suidkus terwyl hy na die branders staar. Elsa Harley het die foto geneem.
Werner van Staden (5) hou sy handjies gereed by sy oë terwyl hy vir die eerste keer Incredibles kyk. Pearl van Staden het die foto geneem.
|