Kompetisie-tuisblad | Vakansie-tuisblad
Daar is rommel net waar jy kyk! Helette Breedt het dié foto van Strandfront, Scottburgh op die oggend van die 2de Januarie 2008 geneem.
Dei Enslin het hierdie foto op HOedspruit se Lugmag-basis geneem.
Dié foto van Keagan van der Schyff (6) is geneem deur sy mamma, Zandri van der Schyff, op 28 Desember 2007 in Boggomsbaai.
Dié foto is in Brighton, Engeland geneem deur Melindi Coetzee.
Merens de Lange het die wenner van die dag afgeneem met die spel HOZAT by Loskopdam vakansieoord.
Gerrit de Kock (4) van Potchefstroom lyk al te "cool" met sy blonde hare wat in alle rigtings waai. Annelene de Kock het hierdie foto op die Sodwan-duine geneem.
'n Ma sal beslis 'n plan maak wanneer dit by bad kom... Klein Righardt Beyttell (6 maande) was glad nie gelukig toe hy in die Marakele Nationalepark in die wasbak gebad moes word nie. Sy pa, Michael Beytell, het hierdie foto geneem net voor Righardt gegly het en hom byna lam geskrik het. Daarna was daar 'n tranedal soos min...
Michael Henn van Pretoria het sy dogterjie, Maya Henn (9 maande), op ou Kersaand in Centurion afgeneem. Hierdie was haar eerste kersfees en sy het ontrent gestraal soos sy die geskenkpapier afgeskeur het.
Mmmm... Hierdie tweeling, Juan-Michael en Zarita Roux (2), hou selfs van dieselfde koeldrank. Mamma, Christa Roux, het dié twee by die Weesgerus-vakansieoord afgeneem.
Nathan Robberts is baie bang vir dié leeus! Michelle Boshoff het haar susterskind by die Leeupark in Randburg afgeneem.
Michiel van Niekerk sit op 'n olifantskedel by die ingang van die Makgadikgadi-panne in Botswana.
Johan Erasmus van Pretoria het hierdie foto van die Cheerio Farm geneem. In die voorgrond staan sy vrou, Miempie Erasmus. Miempie het die foto ingestuur.
Mike Williams het hierdie foto by die Bagram-lugmagbasis in Afghanistan geneem.
Felix Beukes (10 maande) bekruip 'n voël in die Walter Sizulu Botaniese-tuine. Saggies... Mari Beukes van Bryanston het haar seuntjie afgeneem en Milda Stanton het die foto ingestuur.
Dié foto is deur Danielle Strydom van haar broer, Ruben, geneem tydens sonsondergang langs die Vaalrivier. Hulle was by 'n restaurant in Parys, Vrystaat.
Die foto is geneem deur Manie Schoeman van Equestria, Pretoria-Oos. Die vakansiegangers het soos miere op die hoofstrand van Jeffreysbaai geboer. Die windlose-dag het baie plesier verskaf.
Mickayla Moffat (6) kon dit net nie weerstaan om agter die voëls aan te hardloop op 'n strand in Zanzibar nie. Michele Moffat is die fotograaf.
Só gaan ek die meisies se oë vang... Moira Outram het haar seuntjie, Cameron (2), tydens 'n vakansie by Hoyo-Hoyo in die Krugerwildtuin afgeneem.
"Verliefdes op Kubu Eiland...? Morné van der Westhuizen van Pretoria het die kamera gestel en op 'n driepoot-staander geplaas en hom en sy verloofde, Natalie Olsen, afgeneem. Hulle staar oor die Sowa-pan in Botswana.
Joanne van den Berg van Montanapark lyk te oulik in sy kersvader-mussie. Morne Lewis het hierdie foto op Kersdag geneem.
Morné Tiran het hierdie foto in Heroldsbaai geneem. Die twee kinders wat op die rotse speel is onbekend.
Nadine van Heerden het hierdie foto in Istanbul, Turkye geneem. Die man op die foto is onbekend, maar die kat lyk baie gemaklik waar hy lé. Bietjie vreemd...
Mené de Beer was meer as gewillig om haar blonde hare vir 'n nar se hare te verruil. Haar oom, Johan de Beer het die foto geneem.
Christo Mmamozer van die Nasionale Lugvleuel in Pretoria het hierdie foto geneem tydens 'n vlug oor die Umzumvubu-rivier naby Port St. Johns in die ou Pondoland.
Uiteindelik! Annelie van Rooyen het haar grootste kurper in die Mokolo-dam naby Lephalale gevang. Haar pa, Peter van Rooyen, het die foto geneem en ingestuur.
Sandra Claassen van Edenvale het haar man, Neels, en haar dogter, Sophie-Leigh, in die Pilansberg afgeneem. Die familie-trekke is tog so duidelik...
Neels Gouws het hierdie foto by Borrelfontein net anderkant Gouritsmond geneem. Die eienaar van die huis woon vrou-alleen in dié visserhuisie.
|