Fotografie laat my met ander oë na die wêreld kyk. 'n Fotojoernalis kry dikwels met onbekende situasies te doen en dit help as jy ander mense, hul kulture en omstandighede beter verstaan.
Deur gereeld albei kante van die wêreld - die mooi en die lelik - te sien, gee jou waardering vir jou eie lewe en maak jou verdraagsaam teenoor ander mense en hul lewenswyses.
"Visuele verslaggewing" is van groot belang om geskiedenis in beeld vas te lê. Foto's ontlok emosie en word onthou lank nadat die storie vertel is.
My fotografiese loopbaan het aan die Rhodes Universiteit begin waar ek 'n B.Journ graad in Joernalistiek en Politieke Wetenskap verwerf het.
Ek het vir verskeie koerante op vryskutbasis gewerk voordat ek by Beeld begin het.
Ek geniet die vinnige tempo en die verskeidenheid stories wat 'n dagblad dek.
1van 26
Musiek-fotografie:
Die beligting by lewende musiekvertonings is 'n
ongelooflike uitdaging vir 'n fotograaf. Ek probeer om die energie van die groepe vas te vang in
my foto's. Daar is soveel talent in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en ek hoop my foto's gee 'n bietjie blootsteling aan van die kunstenaars.
Chris Chameleon by Oppikoppi 2006.
2van 26
Musiek-fotografie: Francois van Coke en Johnny de Ridder van die Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar by Tings an' Times in Pretoria.
3van 26
Musiek-fotografie: Kahn Morbee, voorsanger van The Parlotones, op die Joolplaas tydens Tuks Jool 2007.
4van 26
Musiek-fotografie: Kahn verstel sy kitaar voor The Parlotones se optrede tydens Tuks Jool 2007.
5van 26
Musiek-fotografie: James Hetfield van die super-rockgroep Metallica tydens hul optrede in Suid-Afrika in 2006.
6van 26
Musiek-fotografie: Die lig vang Chris Chameleon se hare tydens 'n optrede by Oppikoppi 2006.
7van 26
Musiek-fotografie: Shawn Morgan van die internasionaal bekende Suid-Afrikaanse groep, Seether, in aksie by die Coca-Cola Colab Massive Mix waar Metallica ook opgetree het.
8van 26
Teater-fotografie: Soos met musiekfotografie, bied die beligting van toneelstukke en dans 'n uitdaging aan fotograwe, maar die visuele en emosionele aspekte van dié kunsvorm sorg vir aangrypende foto's.
Neels van Jaarsveld in die toneelstuk "Boks " tydens 'n optrede by Aardklop.
9van 26
Teater-fotografie: Megan Bridge van die VSA in 'n dansstuk "The Fold" tydens 'n optrede by die National Arts Festival in Grahamstown.
10van 26
Teater-fotografie: 'n Optrede van die koorgroep, Akustika, in die Voortrekker Monument in Pretoria.
11van 26
Geleentheidsfotgrafie: Geleentheidsfotografie is 'n baie breë kategorie. Dit sluit 'n wye spektrum van foto's in. Dit vertel 'n storie. Dit wys die menslike element agter die nuusstories. Dit wys ongewone gebeurtenisse. Dit kan snaaks, hartseer of ironies wees. Dit wys liewers op die kwessie of die gevolg as die gebeurtenis. Dit is ook hier waar 'n fotograaf vrye teuels aan sy kreatiwiteit kan gee.
Swemoefeninge by die Vloot se duikeenheid in Durban-hawe.
12van 26
Geleentheidsfotgrafie: 'n C130-vliegtuig staan op die Waterkloof-lugmagbasis nadat dit teruggedraai het van 'n reddingspoging aan die kus van Namibië. 'n Vermiste seiljag is deur 'n goedereskip gered.
13van 26
Geleentheidsfotgrafie: Mense staan en wag met hul stoele om in die tent in te gaan waar adjunk-president Pumzile Mlamb-Ncuka en die minister van die staatsdiens, me. Geraldine Frasier-Moleketi hulle toegespreek het in Winterveld, Pretoria.
14van 26
Geleentheidsfotgrafie: Omtrent 'n miljoen lede van die Nazareth Christian Church loop elke jaar twee dae lank van Ebuhleni na Ntlangakazi, hul heilige berg, om eer te bring aan die Here deur die profeet Shembe. Die jong Zoeloe-meisies dans en bid bo-op die berg.
15van 26
Geleentheidsfotgrafie: Me. Sipiwe Maimela (26), sukkel om haar kind, die agtjarige Nthomi, in die skool te hou te midde van sosiale en finansiële probleme in Nellmapius, oos van Pretoria.
16van 26
Geleentheidsfotgrafie: Die Bulls Babes, wat die skare op Loftus Versfeld vermaak, oefen hulle passies by die Universiteit van Pretoria.
17van 26
Geleentheidsfotgrafie: 'n Versekeringsmaatskapy, Businessure Aviation, het kinders van die Ithumeleng Boys Shelter vir 'n rit in 'n Dakota-vliegtuig vanaf die Wonderboom-lughawe geneem.
18van 26
Nuus Fotografie: Die belangrikste doel van nuusfotografie is om mense in te lig. Estetiese oorwegings moet nie die kyker laat wonder wat gebeur het nie. Nuusfotografie moet lesers nie om die bos lei nie. Wat baie keer nie in woorde beskryf kan word nie kan in 'n goeie nuusfoto gewys word.
Eerste skooldag in Gauteng. Luzane Philander (5) op pad na sy gr. 0-klas saam met juffrou Catherina Winnaar by die St Joseph-kerk waar Nantes Primary-leerlinge onderrig kry.
19van 26
Nuusfotografie: Leerlinge van die Tuinerand-laerskool kry berading nadat een van hul maatjies, Sheldean Human, se lyk gekry is nadat sy 3 weke lank vermis was.
20van 26
Nuusfotografie: Ruben Roos (7), 'n klasmaat van Sheldean Human, word vertroos tydens 'n beradingsessie wat vir leerlinge van die Laerskool Tuinrand, Sheldean se skool, gehou is.
21van 26
Nuusfotografie: 'n Lyk is langs die treinspoor naby Kloofsig-stasie in Lyttleton gevind. Die oorledene vermoedelik van die trein af gegooi gedurende die veiligheidswag-staking.
22van 26
Nuusfotografie: 'n Trokongeluk op die hoek van Garsfontein- en Hans Strijdomstraat waarin een persoon dood is.
23van 26
Sportfotografie: Die wegspring van die Midmar Myl ope water swemresies in KwaZulu-Natal.
24van 26
Sportfotografie: Akona Ndugane probeer Adam Ashley Cooper keer tydens 'n Super14 wedstryd tussen die Bulls en die Brumbies.
25van 26
Sportfotografie: Jean de Villiers van die Strormers klou aan Akona Ndungane se hare terwyl hy oorrol vir 'n drie tydens 'n Super14-wedstryd op Loftus Versfeld.