|
 |
| Natuurwonder...Tiaan Terblans van Secunda kyk uit oor die Grand Canyon in die VSA. Foto geneem deur Cornelia Terblans. |
|
 |
|
 |
| Is dit wat julle onder die water doen? Foto geneem deur Cornelia Terblans van Secunda in die San Diego-dieretuin in die VSA. |
|
 |
|
 |
| Ek sien sebras! Daleen Scheepers van Pretoria se foto van haar kleindogter Amone tydens 'n wildbesigtigingsrit op 'n plaas naby Hoedspruit. |
|
 |
|
 |
| Oor 'n paar jaar sit hulle nie so stil langs die blou dam nie. John (links) en Michael (regs) Bartie, albei sewe maande oud, tydens hul eerste seevakansie by Ballito. Foto geneem deur Deirdré Bartie van Pretoria. |
|
 |
|
 |
| Wow, Oupie...kyk die water! Foto van Arithon, kleinseun van Dorus Grobler van Pretoria, geneem by hul huis in die Jakarandastad. |
|
 |
|
 |
| Innibos-fees in Nelspruit - Elizabeth Hill van Centurion het Kayla Nel (5), haar kleindogter, tydens dié makietie in Mpumalanga afgeneem. 'Die kunstenaar voor op die verhoog was veronderstel om die middelpunt van belangstelling te wees, maar die mense agterlangs het gedink sy is baie oulik,' skryf Elizabeth. |
|
 |
|
 |
| Felicity de Hart het haar man se afbeelding in die haaitenk in uShaka Marine World op beeld vasgelê. 'Ons het vir my seun, Quintus, in Ballito gaan kuier toe hy 20 geword het.? Terwyl ons daar was, het ons?uShaka Marine World besoek.?Die foto is glad nie so beplan nie,' skryf Felicity se wederhelf. |
|
 |
|
 |
| Dalk sal die elf loop? Fielies Van Der Westhuysen van Shelly Beach het dié foto geneem van Oom Manie en Tannie Cynthia Ferreira van Pretoria wat by Uvongo hengel. |
|
 |
|
 |
| Dis lekkerder as skoolgaan. Fourie Pretorius van Nelspruit het dié foto geneem van sy dogter Chané wat die see en die strand geniet. |
|
 |
|
 |
| Sand-kaskenades. Gertjan van Zyl van Alberton het dié foto by St Michaels on Sea geneem. 'Dit was lekker vir die twee kleintjies en ouboet moes maar saamspeel,' skryf hy. Op die foto is Henré van Zyl, Jacques Coetzee en Derik van Zyl. |
|
 |
|
 |
| Die grote wat nie weggkom het nie! Nico van Eeden (5) kyk na die 'Rainbow'-vis wat hy met sy eie visstok gevang het. Kleinboet Danie (4) verwonder hom aan dié vangs. Foto geneem by Port Edward deur Heidi van Eeden van Middelburg. |
|
 |
|
 |
| Huibrecht Horn van Pretoria het haar?man, André en dogters Anandi en Lizelle?op 'n Oos-Londense strand afgeneem. Lizelle het haar naam in die sand geskryf en besluit toe om die golwe te probeer terug jaag sodat haar naam nie toespoel nie! |
|
 |
|
 |
| Is dié kreef 'n wettige grootte, is wat Lynette Bekker van Pretoria wil weet. En kan 'n mens hom op die kole braai? Foto geneem deur haar man Johan, in Key West in die VSA. |
|
 |
|
 |
| Lê die voet in! 'n Kaalvoet-rugbyspelertjie, JP Robertson, wys hoe dit gedoen word op die Barnard Stadion in Kempton Park. Foto geneem deur Johan Vermeulen van Kempton Park. |
|
 |
|
 |
| Waterpret! Mari en Waldo van Wyk en Blignaut Viljoen durf die glybaan aan.. Geneem deur Martie Viljoen van Pretoria by U' Shaka Marine World, Durban. |
|
 |
|
 |
| Hier speel die niggies en nefies Nikene, Zanell, Herman, Chris en Lilaine van Centurion en Bloemfontein in die hondehokke op die Strydoms se kleinhoewe naby die Hartbeespoortdam. Foto geneem deur Ouma Mary-Jane Strydom. |
|
 |
|
 |
| Uitspan op die Strydom-plot naby Hartbeespoortdam is beter as 'n seevakansie! Mary-Jane Strydom het dié foto geneem van die nigs en neefs Nikene, Zanell, Herman, Chris en Lilaine van Centurion en Bloemfontein. Oupa, Ouma en Tannie Ous het julle vreeslik geniet! |
|
 |
|
 |
| Playstation speel naby die wildtuin. Pieter Lombard van Pretoria se foto van sy seun Rynie (8) by die Malelane Sun Hotel, met olifante in die rivierloop
op die agtergrond. |
|
 |
|
 |
| Pikkie Wolmarans van Pretoria se steelfoto van twee onbekende mammas wat hulle kleingoed vermaak in 'n strandpoel op Pollock-strand, Port Elizabeth. |
|
 |
|
 |
| Pikkie Wolmarans van Pretoria het Francois Jacobs (links) en sy pa Alwin in ontspanne luim tydens die Paasnaweek by Forever Resorts, Loskop op beeld vasgelê. |
|
 |
|
 |
| Veels geluk, liewe Marlize! Ruhan Swart (14) van Pretoria het hierdie foto by Leopard's Pride, Swartruggens geneem. Op die foto is van links:? Bertha Ehlers, Vicky Visagie, Ronel Swart en Marlize Lategan, wat verjaar het. |
|
 |
|
 |
| Dis mos die lewe! Foto geneem deur Thea Kruger van Potgietersrus in die Laer Sabie-ruskamp van die Krugerwildtuin. Haar kleinseun, De Wet Viljoen, sit saam met Oupa Jan langs die vuur. |
|
 |
|