|
 |
| Matthew speel altyd met sy hond, Didi, maak nie saak waar hulle is nie. Foto geneem in Thoyandou, Venda deur Frikkie van der Merwe. |
|
 |
|
 |
| 'My verloofde, Herbie, het dié foto van my geneem by die Zamani Kempinski-oord, Zanzibar,' skryf Zak Pretorius. Foto: Herbie Pretorius. |
|
 |
|
 |
| Hou styf vas...?Jeanie Badenhorst en Herman Bosman?(nig en neef) lig hul arms omhoog nadat hulle die val van 65 meter oorleef het by Sabie se 'Gorge-jumping Bridge' Foto: Bossie Bosman. |
|
 |
|
 |
| 'Ons tien maande oue baba, James, reg vir 'n plesierrit op Ndlopfu buite Hoedspruit,' skryf Charlene Janse van Rensburg, die fotograaf. |
|
 |
|
 |
| Christopher Cronjé en sy ma, Monique Pieterse, met vakansie in Waenhuiskrans. Fotograaf: Ina Scheepers van Waenhuiskrans. |
|
 |
|
 |
| Jodrè Meyer van Pretoria (links)?wys sy nefies en niggie die plaaslewe.?Langs hom is Ryan Meyer van Kaapstad; Lien-Mari McLaren van Port Elizabeth en Jaco McLaren van Port Elizabeth. Foto geneem op die Irene-melkplaas. Fotograaf: Karen Meyer. |
|
 |
|
 |
| Die niggies Izelle, Alex en Marelise?trotseer die wind?op Mtunzini-strand. Foto: Karen Pretorius van Villieria. |
|
 |
|
 |
| Die tweeling Luka en Miya bewonder die vissies in die vlak water vanuit 'n boot tydens 'n vakansie by Glentana. Foto: Karien Wood van Lyttelton. |
|
 |
|
 |
| 'Hierdie foto van my seuntjie, Luka, is geneem tydens 'n vakansie by Glentana.?Die see en sand was effens oorweldigend, maar dit het hom nie afgeskrik om elke dag op die stoep in die emmer te 'swem' nie,' skryf die fotograaf, Karien Wood. |
|
 |
|
 |
| Ruan De Klerk (4) speel kaptein en bestuur self die boot by die Wild Coast Sun. Foto: Karlien de Klerk. |
|
 |
|
 |
| Ruan De Klerk (4) baljaar in die branders op Uvongo-strand. Foto: Karlien de Klerk. |
|
 |
|
 |
| Kobus van Wyk van Midrand se foto van sy dogter Lee-Handré wat 'n meermin in die sand by Amanzintoti geskep het. |
|
 |
|
 |
| Tarien Buys (4) tydens 'n roomys-eetkompetisie by Swadini - maar sy het meer in haar roomys belang gestel as in die kompetisie! Foto: Leandri Henning. |
|
 |
|
 |
| Swembadtreintjie! Foto: Lehan Le Grange van Eversdal. |
|
 |
|
 |
| 'Ek het dié foto geneem tydens ons verblyf by Die Oog. Dit is van die drie Cloete's: my broer, Kobus, met sy seun, Ekhardt, en my seun, Marius, net agter hulle,' skryf Louis Cloete van Vanderbijlpark. |
|
 |
|
 |
| Ezra Zietsman by die Sudwala-grotte se Dinosourus-park. Foto: Mada Zietsman. |
|
 |
|
 |
| Nico Botha van Pretoria het hierdie foto by Kaapsehoop naby Nelspruit geneem. |
|
 |
|
 |
| Dié foto van Daniel is geneem deur Norman Nolan op Uvongo-strand.?Dit was Daniel se eerste seevakansie. Ingestuur deur Kobie Nolan. |
|
 |
|
 |
| Kyle Holtzhausen, (18 maande) bou sandkastele op Amanzimtoti se strand. Foto: Paula Grindley-Ferris. |
|
 |
|
 |
| Alexandra Grobbelaar (12) maak gereed om in 'n poel op die strand te snorkel by Morrungulo in
Mosambiek. Foto: Peet Grobbelaar. |
|
 |
|
 |
| Ai, daardie sandsmaak! Hierdie foto van Tenielle is geneem deur René Bouwer van Drie Riviere-Oos tydens 'n vakansie in Mosselbaai. |
|
 |
|
 |
| Sandkastele op Peter Pan-strand...Riaan Nel se foto van sy dogtertjie Mikyla (5) tydens hul vakansie by Leisurebaai. |
|
 |
|
 |
| Lisa Schnetler (5) tel skulpe met slakkies daarin op by Langebaan. En sy gril nie eers nie! Foto: Rieth Schnetler. |
|
 |
|
 |
| 'Ek het dié foto van my dogterjie Carli (4) geneem tydens ons vakansie aan die Weskus,' skryf Rieth Schnetler van Pretoria. |
|
 |
|
 |
| Ronnie Carpenter se foto van sy kleinseun Shawn D in hul swembad in Nelspruit. |
|
 |
|
 |
| Rosmé Pienaar van Witpoortjie se kinders Ronnie, Ludwig en Debbie by Margate in 2003. |
|
 |
|
 |
| Foto van Ronnie, Ludwig en Debbie Pienaar geneem in Margate in 2003. ?'Ek wou 'n foto van ons kinders gehad het met die branders wat teen die rots breek in die agtergrond - en hulle moes vir 'n hele paar probeerslae stil sit,' skryf Rosmé Pienaar. |
|
 |
|
 |
| 'Ek het my suster, Claudia, een middag op Margate se strand afgeneem toe sy gaan voel het hoe warm die water is,' skryf Vivian Olivier. |
|
 |
|
 |
| Willem Wiid het hierdie foto teen dagbreek geneem van hengelaars op die rotse by St Michaels on Sea. |
|
 |
|