|
 |
| 'Hierdie foto van ons drieling-seuntjies, Marno, Liaan en Ickard, is geneem tydens 'n vakansie by Oupa en Ouma op Ellisras. Hulle het ure lank in die water en modder gespeel,' skryf Ancri Swanepoel (ma). |
|
 |
|
 |
| Visvang in Namibië - sonsondergang op Horingbaai. Foto: Annelize Kleynhans. |
|
 |
|
 |
| 'My twee dogtertjies, Mia (toe 4) en Arlene (toe 2), voer seemeeue in Houtbaai se hawe.' Foto: Antoin Janse van Rensburg. |
|
 |
|
 |
| Die twee Rooikappies, Mia (toe 4) en Arlene (toe 2), wys wat hulle met die wolf gaan doen as hy hulle sou durf lastig val op pad na Ouma se huis toe. Foto in 2005 geneem deur Antoin Janse van Rensburg. |
|
 |
|
 |
| 'Jaano,?ons seuntjie van 3, dra sy pa se 'blille' vir onderwater-verkenning by Forever Resorts Aventura in Warmbad.,' skryf Anton de Bruin (pa) van Ficksburg. |
|
 |
|
 |
| Cornell Prollius en haar mamma, Lanese,
hou vakansie in Oos-Londen. Foto geneem deur Cornell se tannie, Leola. |
|
 |
|
 |
| Klapsoen! Foto geneem deur Lindi Jansen in Restaurant Machauka Lodge. |
|
 |
|
 |
| Met vakansie aan Portugal se kus by Albufeira.?'Op die foto?is?my drie seuns en hul twee niggies,' skryf Lizette Meyer, wat die foto geneem het. |
|
 |
|
 |
| Kinders swem in die Sesriem-kloof, Namibië. Foto: Mardi Engelbrecht. |
|
 |
|
 |
| Gerhard (1 jaar) afgeneem deur sy ma, Marileen Roux, in die Kaapstadse hawe. |
|
 |
|
 |
| Hoop ons is op die regte pad...Marthie Bredenkamp, haar suster Adri en dié se seun Musa het naby Machadodorp aanwysings gevra nadat hulle die spoor effe byster geraak het op pad na Empangeni. Foto: Marthie Bredenkamp. |
|
 |
|
 |
| Zanke Moller lyk asof sy die swemmery baie geniet. Foto: Mimi Moller. |
|
 |
|
 |
| Natasha Hurst het hierdie foto tydens hul wittebrood geneem in die leeupark net buite Port Elizabeth. |
|
 |
|
 |
| Steve Salmon ontspan op die water by Badplaas. Foto: Natashia Salmon (dogter). |
|
 |
|
 |
| Celeste baljaar in die water by Badplaas. Volgens haar was dit een van haar lekkerste vakansies. Foto: Neels Fourie (pa). |
|
 |
|
 |
| Dis lekker by die see in Umdloti! Foto: Nic Coetzee. |
|
 |
|
 |
| Foto van Liane Botes by Amanzimtoti. Foto: Pieter Botes. |
|
 |
|
 |
| Kokkie de Kock en Joré (10) ontspan heerlik in een van die borrelbaddens by Lekkerrus.?Foto: Rey de Kock. |
|
 |
|
 |
| Mignon speel in die strandmeer by die T.O.-strand. Foto: Rosa Cloete (ma). |
|
 |
|
 |
| Shelby Kriek tydens 'n besoek aan Gold Reef City.?Foto: Sharné Kriek (ma). |
|
 |
|
 |
| Pret op die karretjies by Gold Reef City. Die bestuurder is Zandri Da Serra en die passasier wat die rit so geniet is Shelby Kriek. Foto: Sharné Kriek (Shelby se ma). |
|
 |
|
 |
| Foto geneem deur Sonja Cloete in Bremen, Duitsland. Sy het die World Hip-hop kampioenskappe bygewoon. |
|
 |
|
 |
| Natashia Salmon is deur haar pa, Steve, afgeneem op die rinkhals by Badplaas. |
|
 |
|
 |
| Theo Wolmarans se foto van sy vrou, Maryna, en 'n paar vriende in 'n tuisgemaakte borrelbad op die strand by Sodwana. |
|
 |
|
 |
| 'My kleinseun, De Wet,?word deur sy tannie in die water ondersteun by die Strand. Hy kon nie wag om eers sy swembroek aan te trek nie!' skryf Tish Richter, wat die foto geneem het. |
|
 |
|
 |
| Marcus (12) en Eugene (12) op St Francisbaai. Marcus se pa, Villiers Greeff, het die foto geneem. |
|
 |
|
 |
| Werner de Klerk van Fochville het dié foto geneem van sy kinders, Derrick en Dané, by die Groot Kremetartboom naby Aventura Tshipise. |
|
 |
|
 |
| Dié foto is geneem deur Wynand Tredoux van sy dogter Elaine op die pad tussen Maun en Mankwe-kamp in Botswana. Die donkiekar-ryery was net vir afleiding terwyl die manne besig was om die voertuie se banddruk te verstel vir die grondpad. |
|
 |
|