|
 |
| Vera van Leeuwen, afgeneem deur haar suster, Annetjie Austin, tydens hul droomvakansie op die Griekse eiland Santorini. |
|
 |
|
 |
| Anay Gouws (6 maande) verf haar eerste prentjies by haar ouerhuis in Pretoria.?Foto: Anne-Marie Gouws (ma). |
|
 |
|
 |
| Franco Labuschagne van Pretoria op sy Boogi-bord tydens 'n Ballito-vakansie. Foto: Ben Labuschagne. |
|
 |
|
 |
| Karla Piek in haar speeltonnel by die huis. Foto: Davina Piek. |
|
 |
|
 |
| Johan en Annalise Kruger tydens hul vakansie in die Krugerwildtuin. Foto: Elzet Combrink. |
|
 |
|
 |
| 'Help my, die see wil my vang!' Zoey Briel (2) by die Wildernis. Foto: Estelle Mouton (Zoey se tannie). |
|
 |
|
 |
| Epupa-waterval in Namibië - Stefan Swanepoel probeer die reënboog in sy beker vang. Foto: Gerhardt Streicher. |
|
 |
|
 |
| Hierdie foto van Sandra Serfontein (36) is deur haar man, Gideon, by Buffelspoort geneem tydens die April-langnaweek vanjaar. |
|
 |
|
 |
| Hannes Marais van Pretoria het hierdie foto geneem by Crocodile Sanctuary in Sun City. Voor is Adriaan, dan Elandri, Deon en Shanie. |
|
 |
|
 |
| Krappe soek by Ponta Malongane. Foto: Hermien Naudë. |
|
 |
|
 |
| Lize en Berto in die see by Ponta Malongane. Foto: Hermien Naudë. |
|
 |
|
 |
| Tromslaan by Ponta Mamollie in Mosambiek. Foto: Hermien Naudë. |
|
 |
|
 |
| 'Ek het hierdie foto van my seuntjie Johan (5) by Gold Reef City in Johannesburg geneem,' skryf Johan Vorster. |
|
 |
|
 |
| Letitia Fourie (10) van Witbank by 'n dinosourus-afbeelding by die die Sudwala-grotte. Foto: Adrian Fourie (pa). |
|
 |
|
 |
| Shelly Beach - Michael (11) van Limpopo se kaperjolle in die water. Foto: Alta Hitchcock. |
|
 |
|
 |
| Het ons nie 'n 'cool' onnie nie! Mnr. Riaan Langenhoven saam met leerlinge van die Cullinan Gekombineerde Skool. Die seuns was op 'n Bulletjie-kamp by Botanika en die dogters het vir die dag vir hulle kom kuier. Voor is Dominique, dan Nicole, Whitney, Johan, Heili, Shanie, mnr Riaan en agter is Thsiamo, Rocco en JP. Foto: Annatjie Marais. |
|
 |
|
 |
| Op die duine tussen Swakopmund en Walvisbaai. Foto is geneem deur Adrie le Roux terwyl haar familie vakansie gehou het in Namibië. |
|
 |
|
 |
| 'Foto geneem deur Annetjie Austin, my suster, tydens ons vakansie op die Griekse eiland Santorini,' skryf Vera van Leeuwen. |
|
 |
|
 |
| Benru en maats baljaar in die see by Ballito. Foto: Ben Labuschagne. |
|
 |
|
 |
| Dis warmer hier op die strand as in die water! Duan Labuschagne durf die sand aan. Foto: Ben Labuschagne. |
|
 |
|
 |
| Duan en Casper Labuschagne (14) by Thomson-baai, Ballito. Casper is toevallig?ook Labuschagne, maar 'n maat. Foto: Ben Labuschagne. |
|
 |
|
 |
| Duan Labuschagne (14) geniet die branders by Ballito. Foto: Ben Labuschagne. |
|
 |
|
 |
| Elzé Vermaak se eerste vakansie - op Uvongo se strand. Foto: Carin Vermaak. |
|
 |
|
 |
| Charlene van Lavieren en haar ouma was in Meimaand in Holland om te kyk waar hul voorouers gewoon het. 'Lyk ek nie soos 'n regte Kaaskop nie?', vra sy. Foto: Charlene van Lavieren. |
|
 |
|
 |
| 'My seun, Johann, by die Oberon-oord aan die Hartbeespoort-dam. Hier was hy baie uitasem, want die vis wat hy in die vangnet het, het naby ons rondgeswem terwyl Johann besig was om te hengel. Hy het toe 'n hele ent ingeswem om die vis te probeer help, want ons het almal gedink dit is vas aan 'n hoek en lyn onder die water,' skryf Elmarie de Vaal, wat die foto geneem het. |
|
 |
|
 |
| Scot die Skot in die Afrika-son. Foto: Hermien Naudé. |
|
 |
|
 |
| Bootvaart met die Rhapsody na Bazaruto-eiland.?Marichen en Olna geniet 'n skemerkelkie op die dek ná 'n warm dag op die eiland. Foto: Ilona Kruger. |
|
 |
|
 |
| Foto van Oupa wat sy eerste kleinkind uit Londen?bewonder in?die vars lug by Mabalingwe. Foto: Jonothan Moore, ingestuur deur Sonnette. |
|
 |
|
 |
| 'I just had to share this photo of my son Eugene, taken at the Rust Der Winter Dam near Hammanskraal,' says Marina Short. |
|
 |
|
 |
| Sonskyn en blou water by Santorini. Foto ingestuur deur Vera van Leeuwen. Geneem deur onbekende Griekse man tydens eiland-vakansie. |
|
 |
|