Johannesburg

Monday

Mostly sunny. Mild.

12°C
25°C

7 day forecasts

Maklike hoender & groente

2002-09-27 10:32

Hoender en groente maak 'n maaltyd. Dié maklike geregte sal jy altyd weer wil voorsit.

Hoender uit die vrieskas in die oond

Bedek bevrore hoenderstukke met poeiersop en laat dit in die oond bak. Leatitia Pienaar van Bloemfontein se resep is eenvoudig, maar heerlik.

2 kg bevrore hoender (borsies of dye)
1 pakkie soppoeier (tamatie, wituie of sampioen)
appelkooskonfyt

Sous

10 ml tot 15 ml middelmatige kerrie
250 ml tot 435 ml mayonnaise
15 ml worcestersous
15 ml sojasous
bietjie pietersielie
125 ml blatjang
bietjie sout

1. Stel oond op 180 C. Rol hoenderstukke in soppoeier en plaas velkant na bo in 'n oondskottel.
2. Skep sowat 7,5 ml appelkooskonfyt op elke hoenderstuk.
3. Maak 'n sous van die res van die bestanddele. (Indien verkies, laat die sout weg.) Skep oor die hoender.
4. Bedek en bak tot sag en gaar. Verwyder deksel en laat bruin word.

Bedien met rys en groente of slaai. Die hoender is ook lekker wanneer dit koud bedien word.

Wenk: Hou by die goue reël om enige vleis eers skoon te maak en netjies te verpak voordat jy dit vries. Só spaar jy baie tyd.

Geroosterde groente

Dié ongewone kombinasie van groentes maak die gereg soveel interessanter. En dit smaak sommer vorentoe!

3 middelslag patats
1 groot botterskorsie
3 huisies knoffel, gekneus
4 middelslag uie*
2.5 ml tiemie
100 ml olyfolie
sout en swartpeper
10-15 kersietamaties

1. Stel die oond op 220 C.
2. Moenie patats en botterskorsie skil nie. Skrop patats, ontpit botterskorsie en sny dit in skywe (kyk foto). Skil uie en sny in kwarte.
3. Meng al die bestanddele saam, behalwe die tamaties. Plaas in gesmeerde oondpan. Bak sowat 25 minute of soos verkies. Voeg dan die tamaties by en bak nog 'n bietjie.

Dien op saam met die hoenderstukke.

* Jy kan ook piekeluie gebruik. Skil dit af en rangskik heel tussen die ander groente.

- Landbouweekblad

inside news24

Weather
Traffic
Lottery
Cpt: 18-30°C Sunny. Warm. Pta: 15-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-25°C Mostly sunny. Mild. Bloem: 14-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-22°C Drizzle. More sun than clouds. Cool. PE: 16-24°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Jobs - Find your dream job

Coldfusion Developers

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

PHP Developers,

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Sharepoint Developers

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Cars - Search 1000's of new and used cars

AUDI

2008 A4 1.8T Multitronics from R 269 000

VOLVO

S40 2.0 AT
2000
R 56,990.00

VOLKSWAGEN

Transporter LWB 1.9TDi P-Van Dsl
2008
R 239,995.00

AUDI

A3 Sportback 2.0 TDi Ambition 5-dr Dsl MY09
2009
R 389,880.00

Property - Find a new home

JIM FOUCHEPARK

Single Residential R2,300,000

WILDEBEESHOEK

Farm R6,800,000

EVERTON

Single Residential R6,950,000

Travel - Look, Book, Go!

Free Games - TOO MUCH NEWS? TAKE A BREAK!

Kalahari.net - shop online today

Great Festive Savings on Books

Up to 30% Off ALL Books. 2.3 million titles on SALE.

Sleek New iPod Range. Order Your's Now!

iPod nano 16GB - Black, Was R2,499.00 Now R2,299.00! Save R200!

Up to 40% off Fabulous Festive Flicks

46 000 DVDs and Blu-Ray on sale now! Pre-order Up and District 9!

Up to 20% off ALL Music

100s of festive new releases now in stock! Now, Bump 25, Bon Jovi & more!

1000s of Festive Toys on Sale

Lots of Toys, free gift wrap, lowest prices on Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & more!

Hot Deal of the Day!

All DVDs on Sale

Up to 40% Off 46 000 Titles

District 9, UP, Ice Age, Transformers, Life & more!

Up to 40% Off Sale on All Books, Toys, CDs, DVDs & Games!