Johannesburg

Wednesday

Sunny. Pleasantly warm.

12°C
27°C

7 day forecasts

Boer pleit by ANC-regering

2002-06-12 12:06

'n Vrystaatse grensboer van wie diewe uit Lesotho op een aand 44 duur ramme gesteel het, het in 'n emosionele pleidooi die ANC-regering gevra om blanke boere nie te vergeet nie, voordat boere "self misdadigers word en begin om veediewe te skiet".

Volksblad doen verslag.

Mnr. Hennie Cronjé het aan mnr. Mann Oelrich, LUR vir landbou en grondsake, gesê die regering verwag van die boere om grondbelasting te betaal, maar die geldelike posisie van die Vrystaatse boer word oorskat.

"Moenie omdat ons blanke boere is, vergeet ons is ook boere in hierdie land nie. Vergeet van die kleur van ons vel. Ons vra die ANC-regering: Asseblief, doen iets! Ons blanke boere is ook deel van die nuwe Suid-Afrika.

"As niks gedoen word nie, gaan die boere ook misdadigers word en begin om veediewe te skiet."

Cronjé, voorsitter van die Boesmanskop-boerevereniging, se stelling het gevolg ná 'n hewige debat tussen Oelrich en grensboere wat keelvol vir die grenskrisis is.

Oelrich, wat self 'n emosionele beroep op boere gedoen het om te help om armoede hok te slaan en te waak daarteen om in 'n gemaksone te beweeg omdat hulle "enorme hoeveelhede hektaar besit", is van "politiekery" beskuldig.

Boere van Wepener, Vanstadensrus, Boesmanskop en Zastron het die vergadering deur Vrystaat Landbou (VL) belê om met Oelrich en mnr. Benny Kotsoane, LUR vir veiligheid en sekuriteit, oor die toenenemde grensprobleme te praat.

Boere soos mnr. Smithie Bekker van Vanstadensrus het die afgelope jaar reeds meer as 250 skape verloor en mnr. Fred Smith van Wepener 212.

Feitlik daagliks word skape, beeste, bakkies, trekkers ploeë en heinings weggedra. Boere word met die dood gedreig as hulle durf ingryp óf hul plase word afgebrand. Tot 17 veldbrande is in een nag in hierdie gebied gestig.

Cronjé se 44 Döhne-merinoramme van tussen R2 000 en R3 000 elk is in een trop van sy plaas reguit tot in Lesotho aangejaag, terwyl al die heinings oor drie plase afgeknip is. Die meeste plase aan die grens hier lê leeg; veeboerdery is onmoontlik.

Lees die volledige berig in Volksblad.

- Volksblad

inside news24

Weather
Traffic
Lottery
Cpt: 19-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 15-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bloem: 18-31°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 24-33°C Sunny. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7 day forecasts...

Jobs - Find your dream job

PAYROLL MANAGER

Gauteng
MultiChoice Africa

ASSISTANT SALES MANAGER

Gauteng
Emmanuels Staffing Solutions
R25,000-30,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits

CLAIMS SUPERVISOR

Gauteng
Emmanuels Staffing Solutions
R25,000-30,000 Per Month Cost To Company Incl Benefits

Cars - Search 1000's of new and used cars

AUDI

Audi R8 4.2 V8 R-Tronic
from R1 099 000.

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.9 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2005
R 139,900.00

HONDA

Jazz 1.5 VTEC CVT 5-dr MY06
2006
R 126,500.00

BMW

318ti Compact AT 3-dr
2002
R 109,995.00

Property - Find a new home

BANTRY BAY

Single Residential R17,250,000

MORNINGSIDE

Multiple Unit R6,500,000

BANTRY BAY

Single Residential R23,000,000

Travel - Look, Book, Go!

Free Games - TOO MUCH NEWS? TAKE A BREAK!

Kalahari.net - shop online today

Order ALL your UNISA textbooks from kalahari.net

Find all your UNISA books you require for your studies and get them delivered right to your doorstep!

Up to 80% off Books @ the Orange Sale!

It’s sale time again with fantastic savings on 1000s of titles. Get some of the best books at discounted prices now.

Up to 60% Off DVDs

46 000 DVDs and Blu-Ray Dics to choose from. Get up to 60% off at the Orange Sale.

Up to 50% off Music

100s of new releases now in stock! Sade, Foo Fighters, John Mayer & more!

Up to 50% off selected top selling Toys

Lots of Toys, free gift wrap, lowest prices on Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & more!

Hot Deal of the Day!

Valentine's Day Flowers & Hampers

12 Red Roses in Cello - Now R439.00

Hurry last day to order a wide selection of Valentine’s roses and Flowers, Hampers, Jewellery & so much more.

Visit www.kalahari.net for millions of books, music, DVDs, games & more!