Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Oudisietyd kruip ál nader
May 13 2008 12:49:53:967PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Bloemnuus soek ’n wenner en S-tyd is hier! Spontaan-oudisies vind binne die volgende paar dae plaas. Dis nou of nooit om te kom sing en perform. Bloemnuus se oudisie vind op Donderdag 22 Mei om 17:00 by die Volksblad se kantore in Nelson Mandelarylaan 79 plaas.

Is jy die streekwenner wat gaan deel in die meer as R170 000 in pryse en borgskappe wat op die spel is?

Ons soek iemand wat nie net mooi kan sing nie, maar wat ook die verhoogpersoonlikheid het om te kan perform.

Miskien is jy een van 12 streekwenners wat op 11 en 12 Julie op die Volksblad-kunstefees gaan meeding om een van die drie topplekke.

Lieflike pryse – insluitend ’n Nintendo Wii, ’n beurs, ’n demo-cd, ’n bestuurskontrak, geskenkpakke, verblyf, kontant, braais, ’n selfoon en geskenkbewyse – is op die spel.

Moenie bang wees om te kom probeer nie. Miskien het jy daardie x-faktor wat van jou ’n ster kan maak.

Volksblad se gemeenskapskoerante in die Vrystaat en Noord-Kaap bied vanjaar die sewende keer die gewilde sangkompetise aan, en vanjaar is Spontaan nog groter.

’n Wenner gaan vir elk van die 12 gemeenskapskoerante gekies word, waarna die 12 streekwenners sake gaan uitspook in Bloem Plaza en op die Volksblad-kunstefees in Bloemfontein op 11 en 12 Julie.

Die wenner van elke streekkompetisie sal ná die uitdunronde aangekondig word.

Indien jy as ’n streekwenner aangewys word vir een van die koerante moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. Elke deelnemer kry ’n kans om een of twee liedjies op die eindronde te sing, en die wenner lewer daarna ’n verdere drie liedjies.

Inskrywings is gratis. Geen vooraf registrasie is nodig nie. Daag net by die oudisie op, en registreer jou daar.

Streekkompetisies word op die volgende datums gehou:

Welkom: Vrydag 9 Mei om 14:00 by Vista en Forum se kantoor.

Kroonstad: Saterdag 10 Mei om 08:30 by Kroonnuus se kantoor .

Bethlehem: Donderdag 8 Mei om 14:00 in die Coachman’s Saloon by die Frontier Inn & Casino.

Kimberley: Vrydag 16 Mei om 16:30 in die Diamond Pavilion se raadskamer.

Bloemfontein: Donderdag 22 Mei om 17:00 vir Bloemnuus en Saterdag 25 Mei van 09:00 vir Express en Ons Stad by Volksblad, Nelson Mandelarylaan.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer