Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Lasker die wêreldkampioen met mees omstrede speelstyl
Emmanuel Lasker was sekerlik die wêreldkampioen met die mees omstrede speelstyl. Geen speler kon egter sy rekord ewenaar nie – hy was ononderbroke 27 jaar kampioen. Capablanca word as die natuurlikste speler van alle tye beskou, Tal as die aanvallende genie en Petrosian as die verdedigendste speler van alle tye. Niemand kon egter Lasker se speelstyl definieer nie, selfs nie sy tydgenote nie. Teenstanders het hom beskuldig dat hy soms opsetlik nie die beste skuif in ’n bepaalde stelling gespeel het nie en sodoende spelers ontsenu het, of selfs gehipnotiseer het. Kenners is dit eens dat hy ’n ware vegter was. Hy was ’n taktiese genie en eindspel-meester van uitstekende gehalte. Talle kere het hy bewys dat hy onder groot druk kan presteer deur belangrike spelle te wen wanneer dit noodsaaklik was. Naas Nadjorf, Smyslov en Korchnoi was hy een van die min spelers wat in sy jare sestig steeds aan topklas-kompetisies deelgeneem het. Luister na die volgende uiteenlopende opinies van Lasker: “Lasker was ’n koffiehuis-speler” – Bobby Fischer. “Ek het hom bewonder – totdat ek sy spelle bestudeer het” – Bent Larsen. “Die grootste kampioen van alle tye, natuurlik Emmanuel Lasker.” – Mikhail Tal. “Die kunsaspek van skaak is ondenkbaar sonder Lasker” – Alexander Alekhine. “Een van die mees onderskatte spelers, in elk geval die beste teen wie ek gespeel het” – Capablanca. In sy skaakloopbaan het hy nog die tyd gevind om ’n doktorsgraad in wiskunde te verwerf. Hy het hom ook toegewy aan die vakgebied filosofie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|