Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Rugbyproewe gehou
May 13 2008 12:49:53:373PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Die Vrystaatse rugbykeurders het vroeër dié week die geleentheid gehad om van die provinsie se voorste o.18-spelers in aksie te sien.

Die geleentheid was die eerste ronde proewe vir die 45ste Coca-Cola-Cravenweek wat op 7 Julie op Affies se velde in Pretoria begin. Die keurders sal heeltemal tevrede voel met die talent wat hulle op dié proewe gesien het.

Hulle sal egter bekommerd wees oor die beserings wat ’n paar sleutelspelers opgedoen het. Een van slegs twee spelers wat ook verlede jaar op Stellenbosch in die toernooi in aksie was, Adriaan Theisinger (agtsteman), het die veld weens ’n besering in die proewe verlaat. Theisinger word gewis as die voorste kandidaat beskou om die span na die Jakarandastad aan te voer. Hoe ernstig sy besering is, sal eers later bekend wees. Hy sal egter nie vir Grey-kollege in sy wedstryd môre teen die Hoër Jongenskool Paarl aanvoer nie.

Die twee senters van Grey, Piet Lindeque en Francois Venter, sukkel albei met kniebeserings. Venter het sy knie in die proewe beseer, maar behoort ook betyds te herstel. Lindeque het weens sy besering nie aan die proewe deelgeneem nie. Hy sal wel môre teen die Hoër Jongenskool Paarl in aksie wees. Lindeque het hope vaart en kan deur die keurders op vleuel ingespan word. Die keurders het in die proewe reeds proefnemings met Ernst Dinkelman, vleuel van Grey, op senter gedoen.

Dinkelman is sterk op sy bene en is ’n uitmuntende balverspreider.

Spelers wat op die proewe met hul spel beïndruk het, is Riaan Britz (heelagter), Milo Moholo (Louis Botha), Oupa Mahoje (Louis Botha), AJ Coertzen (losskakel), Oscar Le?mane (Louis Botha), Jamba Ulenga (Jim Fouché) en Cobus Reinach (Grey).

Die jong Blikore speel op die tweede dag van die toernooi in die hoofwedstryd teen die Leeus. Die span was verlede jaar onoorwonne op die toernooi. . www.schoolofrug by.co.za

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer