Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Beleggingsmark ingewikkelder
May 13 2008 12:49:52:247PM  - (SA)  
Willem Britz



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die beleggingsmark is vandag ingewikkelder en gekompliseerder met meer fondse en beleggingsinstrumente wat amper daagliks verkyn. Daarmee saam is inligting meer vrylik beskikbaar wat die wisselvalligheid van vandag vinnig weerspieël in prysbewegings. Rentekoerse is hoog, inflasie hardloop weg en baie beleggers gee moed op. In tye soos dié is dit belangrik om seker te maak dat jou belegging nog op koers is, sodat jou langtermyndoelwitte bevredig kan word en dat jy nie onnodig vasgevangword in korttermyn-wisselvalligheid nie.

Beleggers moet eerstens besef dat wetgewing baie verander het met die doel om die beleggingsproses meer deursigtig te maak. Dit plaas terselfdertyd ook meer verantwoordelikheid op die belegger self. As belegger moet jy deesdae seker wees dat die inligting wat jy openbaar aan enige geregistreerde individu of instelling wat jou adviseer, feitelik korrek is. Dié inligting het ’n regstreekse impak op die finale beleggingsproduk en -instrument wat die adviseur aan jou voorlê om aan jou behoeftes te voldoen. Dit is belangrik, want die wet skryf voor dat dié inligting gebruik moet word deur die adviseur om volgens jou persoonlikke situasie jou beleggingskeuse uit te oefen. Dit beteken eintlik dat die beleggingskeuse (bv. die keuse van effektetrustfondse in jou lewende annuïteit) deur jouself gemaak word met leiding van die adviseur in terme van bestaande wetgewing. Die beginpunt is dus om seker te maak dat alles wat jy met jou adviseur bespreek het, jou persoonlike finansiële posisie korrek weergee.

Die meeste finansiele adviseurs is slegs geregistreer om advies te gee (dit word vasgestel met die openbaarmakingsdokument wat aan jou voorgelê moet word met die eerste ontmoeting met die adviseur). Dit sluit die bestuursmandaat ten opsigte van jou belegging uit. Wanneer die tyd aanbreek om die belegging se samestelling aan te pas, moet jy en jou adviseur weer bymekaar kom en, onder leiding van die adviseur, moet jy jou belegging self verander.

Die ander opsie is om ’n geregistreerde portefeuljebestuurder aan te stel om, namens jou, die belegging aan te pas soos mark en ekonomiese omstandighede verander. Dit bly steeds noodsaaklik vir die adviseur om vas te stel dat die portefeuljebestuurder se mandaat en die produk aan jou behoeftes voldoen.

Omdat jou persoonlike situasie voortdurend verander, is dit van kritiese belang om minstens een keer per jaar weer met jou adviseur te gesels en jou situasie te hersien.

Dié onsekere tye skep gewoonlik goeie beleggingsgeleenthede. Soos Warren Buffet, die wereldberoemde beleggingskundige, sê: “Most people get interested in stocks when everyone else is. The time to get interested is when no one else is.”

Vir meer inligting, bel Willem Britz by 082-200-4293.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer