Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Optog oor pad gehou
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Heidedal het ’n optog gehou na die M10-pad waar daar so baie noodlottige ongelukke plaasvind. Aan die een kant van die pad is Opkoms en aan die ander kant Bloemside. In die optog was geestelike leiers van verskillende kerkverbande en die verkeersdepartement van die munisipaliteit en die provinsie teenwoordig. Verskeie gemeenskapsleiers het saamgetrek om teen die onveilige situasie by dié pad te protesteer. Die raadslede van die twee wyke het egter in hul afwesigheid geskitter. Daar is boodskappe gelewer wat gepleit het vir die oprigting van ’n verkeerslig by die kruising. Daar skyn ’n probleem te wees oor wie se verantwoordelikheid die instandhouding van die pad is, die van die provinsie of die van die munisipaliteit. Tydens die gebedsessies is gebid vir die slagoffers van die pad,vir kinders wat wees gelaat is weens ongelukke op die pad en vir diegene wat familie hier aan die dood afgestaan het. Die pad staan ook bekend as die pad van die dood.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|