Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Likiditeit is ’n risiko
May 13 2008 12:49:46:937PM  - (SA)  
Rocco Carr



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Daar is verskeie beleggingsinstrumente wat met groot sukses in die markplek verkoop word deur te fokus op die risiko versus opbrengs-potensiaal van die belegging.

Beleggers is ook gewoonlik goed ingelig, maar tog is daar ’n belangrike risikokomponent wat nie noodwendig as risiko gesien word nie: likiditeit.

Likiditeit behels die gemak en spoed waarteen ’n bepaalde belegging in kontant omgeskakel kan word.

Geldmarkte is hoogs likied en kan maklik in kontant omgeskakel word sonder vrese vir markskommelings.

Genoteerde aandele word op die ope mark verhandel deur middel van die Johannesburgse aandelebeurs en is redelik maklik verhandelbaar.

Gewoonlik is die 40 topaandele in aanvraag, maar van die minder gesogte aandele mag dalk likiditeitprobleme veroorsaak.

Effektetrusts of kollektiewe beleggings is baie likied, want die kollektiewe beleggingsmaatskappy is verplig om die onderaandele in die fonds terug te koop.

Daar mag wel markrisiko wees, maar likiditeit is geen probleem nie.

Vaste eiendom, wat as relatief veilig gesien word, kan soms moeilik verhandelbaar wees, veral in periodes van hoë rentekoerse.

Die gebrek aan likiditeit kan eiendomspryse dramaties laat daal.

Eiendomsindikasies is ongenoteerde aandele in ’n vaste eiendom waarvoor die belegger eers ’n koper moet vind voordat dit verhandel kan word.

In periodes waar eiendom gewild is, mag dit geen probleem wees nie, maar in tye waar eiendom nie so sterk in aanvraag is nie, kan likiditeit ’n krisis skep.

Die gebrek aan likiditeit word gewoonlik ook vererger omdat ongenoteerde aandele nie op ’n sentrale mark soos die Johannesburgse aandelebeurs verkoop word nie.

Die onus is dus op die belegger om ’n geskikte koper te soek.

Dit kan wesenlike likiditeitsprobleme skep en baie beleggers is onbewus van hierdie risiko.

Beleggers moet dus seker maak van die potensiële likiditeit van ’n belegging in negatiewe markomstandighede voordat hulle besluit of die risiko van die belegging regtig vir hulle geskik is.

Rig navrae aan Rothea van Biljon by 082-892-6532.

  • Rocco Carr is die besigheidsontwikkelingsbestuurder by Glacier.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer