Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -2-17°C

Voorspellings

Skouspel môre in die lug
May 13 2008 12:49:46:340PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Vrystaters is gaande oor die opwinding van ’n groot lugskou, en nou is dit weer ná twee jaar sulke tyd.

Die laaste lugskou in Bloemfontein was in 2006, maar dié keer gaan die Suid-Afrikaanse Lugmag baie betrokke wees.

Johan Naudé, voorsitter en lugskou-organiseerder van die Bloemfonteinse Vliegklub, het gesê dit gaan ’n magtige dreuning van vegvliegtuie wees.

Die Bloemfonteinse Vliegklub bied môre dié lugskou by die Tempe-lughawe buite Bloemfontein aan, danksy borgskappe van ReMax en die departement van sport en kultuur.

Bloemfontein het reeds internasionaal bekendheid verwerf met die tweejaarlikse “warbirds”-lugskou, en omdat dit reeds sinoniem geword het met die Tempe-lughawe, staan die lugskou vanjaar bekend as die ReMax Warbirds @ Tempe Airshow.

Toeskouers kan weer die seldsame geleentheid beleef waar ’n Mirage III teen meer as twee maal die spoed van klank laag oor hul koppe deur die Vrystaatse blou lug klief. Die vliegtuig styg op by Hoedspruit in Mpumalanga, en land ongeveer ’n halfuur later in Bloemfontein, waar dit met behulp van valskerm tot stilstand kom, aangesien die remme alleen dit nie gou genoeg tot stilstand kan bring nie. Dit neem ’n gemiddelde motor ongeveer agt uur om dieselfde afstand af te lê!

Die Silwer Valke, die trots van die Lugmag, gaan ook deelneem in vier Pilatus Astras, wat van Langebaan naby Kaapstad hierheen gebring word.

Die Lugmag se prestige-vertoonvalskermspan, die Goue Arende, gaan ook in aksie wees, en die ReMax-vryvalspan gaan verskeie vryvalformasies doen.

Kapt. Scully Levin, ’n ervare lugdiensvlieënier met meer as 24 000 vlieguur agter sy naam, lei die Flying Lions, ’n drieskip-Harvard-formasie, deur hul aërobatiese toertjies en is daarna ook weer in aksie wanneer hy saam met sy seun in die Chubb Pitts Specials gaan deelneem.

Die hoogtepunt van die dag is ’n skyn-aanval deur die pantser-grondmagte en die valskermsoldate van 44 Valskermregiment, met lugsteun deur die Suid-Afrikaanse Lugmag.

Die Rooivalk-aanvalshelikopter, wat in Suid-Afrika ontwikkel en gebou is, gaan wys waarom hy steeds as een van die beste helikopters in die wêreld beskou word, wanneer hy ’n volle “loop” doen. Dit beteken om onderstebo te vlieg – bitter min helikopters kan dit doen.

Daar gaan ook solo?vertonings wees deur ’n Impala-vegvliegtuig en die L-39 Jet, die Augusta- en Oryx-helikopters en ’n sweeftuig met toertjies op die maat van musiek.

Veteraanoorlogvliegtuie, soos die Navion, die Bosbok, die Tiger Moth en Chipmunk sal ook te sien wees.

Die hekke open om 08:00, begintyd 10:00.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer