Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -2-12°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Onderneming vier 18 suksesvolle jare
JLN MOTORS is vandag 18 jaar oud! Jaco de Wet het begin werk by Bergsig-Motors (vandag Wentzel-Motors). Nadat hy waardevolle ervaring opgedoen het, het hy JLN-Motors gestig. JLN is na De Wet se drie kinders, Jaco, Leandri en Nadia, genoem. Die onderneming het klein begin met min personeellede, maar het in so ’n mate gegroei dat hulle nou al werk vir buitelandse kliënte doen en ook groot ondernemings se voertuie herstel. Die onderneming is al nege jaar ’n lojale Nampo-ondersteuner en stal jaarliks daar uit. Kliëntediens is baie belangrik vir De Wet en hy maak tyd om soms persoonlik na sy kliënte uit te ry. Hy bou al jare lank goeie verhoudings met kliënte en verskaffers op. JLN maak van sleepwaens tot groot vragmotors reg. Die veiligheid van die kliënte se voertuie geniet voorkeur en op JLN se perseel word dit verseker. Die onderneming is geleë in Monumentweg 21, oorkant die Vrouemonument. JLN sal nie suksesvol kan wees sonder die werknemers van die maatskappy nie. Een van dié werknemers is mnr. Samuel Mooi (ook bekend as Oupa Sam) wat al 18 jaar saam met De Wet werk. De Wet wil graag sy ouers bedank wat hom en die onderneming ondersteun. De Wet het in 1981 in die bedryf begin werk en in 1985 gekwalifiseer wat beteken dat hy al 27 jaar se ondervinding het. Sy leuse is My naam is my waarborg!
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|