Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Ford bied nou ook omvangryke waarborg
May 13 2008 12:49:43:763PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In die stryd om voornemende voertuigkopers se harte en beursies te wen raak dit nou ’n neiging om waarborge te verleng en versienings- en onderhoudsplanne deel van die kopies te maak.

Die Ford-motormaatskappy het onlangs aangekondig alle Ford- en Mazda-produkte (ook handelsvoertuie) het voortaan ’n buffer-tot-buffer-waarborg van vier jaar/ 120 000 km en dat dit een van die omvangrykste waarborge in die plaaslike motorbedryf is.

Gou-gou het Hyundai ook ’n verklaring uitgereik net om kopers daaraan te herinner die Koreaanse vervaardig het steeds die “beste” buffer-tot-buffer-waarborg, naamlik vyf jaar/150 000 km vir alle passasiersvoertuie en dit geld ook die H100-bakkie. En, seg Hyundai, die waarborg word gerugsteun deur die moedermaatskappy in Korea.

Ford het terselfdertyd aangekondig al sy produkte sal met die uitsondering van die huidige Fiesta- en Bantam-reekse voortaan oor ’n versieningsplan van vier jaar/ 60 000 km beskik.

Kia was die eerste om sulke lang waarborge plaaslik bekend te stel. Sy reeks se waarborge wissel tussen drie jaar/100 000 km en tienjaar/150 000 vir sommige modelle.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer