Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Winterprojek op hande
May 13 2008 12:49:43:090PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Met die winter voor die deur is Vrystaat-versorging in Aksie (VVA), Bloemfontein, se Winterprojek weer op hande.

Die organisasie, voorheen bekend as die Oranje-vrouevereniging (OVV), is vanjaar 100 jaar oud. Noodleniging was juis destyds die aanloop tot die stigting van die organisasie en dit vorm vandag steeds ’n belangrike deel van sy dienslewering.

Klere, komberse, kospakkie projekte en sopkombuise word steeds bedryf.

En dit is hier waar die organisasie ’n beroep op elke leser en die gemeenskap van Bloemfontein doen om die Winterprojek te ondersteun. As ’n mens nog nie self baie koud gekry het en dan nog met ’n leë maag moet gaan slaap nie, kan ’n mens jou seker nie die situasie indink nie.

Baie van die mense het ook nie krag en warm water nie. Dit is veral die ouer mense en kinders wat baie swaarkry.

Jy kan ook die winter ’n verskil in ’n gesin se lewe maak. Die organisasie wil graag 500 komberse aan minder bevoorregte mense uitdeel om hulle teen die yskoue winter van Bloemfontein te beskerm. Dit is egter ’n druppel aan die emmer, maar dit maak ’n verskil. Die organisasie benodig ook skenkings om die sopkombuis lewensvatbaar te hou. Met lewenskoste wat styg, sukkel baie mense om kop bo water te hou.

Sop, sopvleis, hoenders, geblikte groente en pasta is baie welkom.

Sonder skenkings van die publiek kan die sopkombuis nie die 140 gesinne per dag voed nie. Die skenking van wintersklere, veral kinderklere, is ook nou ’n groot behoefte.

As die oudste welsynsorganisasie in die Vrystaat het die VVA ’n verantwoordelikheid teenoor die mense wat swaarkry.

Besoek die organisasie gerus in Watkeystraat 12, Oranjesig, of bel me. Mirinda van Tonder, sentrumbestuurder, by 051-447-1838.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer