Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Parkeerterrein in haglike toestand
May 13 2008 12:49:42:467PM  - (SA)  
Corli van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die onveilige en haglike omstandighede waarin hulle hul motors moet parkeer, het sommige Bloemfonteiners raadop.

Die munisipaliteit verhuur dié parkeerruimtes in die parkeerterrein in Nelson Mandelarylaan oorkant die Bram Fischer-gebou. Mense betaal tot R140 per maand om hier te parkeer.

Die munisipaliteit het onderneem om ’n veiligheidshek op die parkeerterrein op te rig én ’n wag in diens te neem om die veiligheid van die voertuie te verseker. Vroeër is ’n veiligheidshek op die perseel opgerig, maar dié hek is kort daarna gesteel. Met Bloemnuus se besoek aan die parkeerterrein was die veiligheidswag nêrens te sien nie. Volgens mnr. Papi Mogami, ’n werknemer van die departement van gesondheid, wat oorkant die straat geleë is, is die wag nie daar nie, “omdat dit die munisipaliteit se betaaldag is”. Mogami is gereeld op die parkeerterrein te sien waar hy ’n ekstra geldjie verdien deur van die motors te was.

Die parkeerterrein is ook baie vuil met drankbottels, kondome en ander gemors wat die wêreld vol lê. ’n Kantoortjie op die perseel is vervalle en vol gemors en glasstukke.

Volgens mev. Aletta Coetzee, ’n werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat ook haar motor daar parkeer, is sy bewus van mense by wie se motors op die perseel ingebreek is.

Met Bloemnuus se besoek aan die perseel het ’n hoop glas op een van die parkeerruimtes gelê waar oënskynlik ’n motorruit stukkend geslaan is.

Volgens gerugte word van die probleme wat in die omgewing ondervind word, toegeskryf aan die werk van prostitute in die omgewing. Bewerings dat mense snags op die terrein slaap, kon nie bevestig word nie.

Bloemnuus het ook ’n oproep van me. Meisie Daverin, die eienaar van Club Chantelle in Zastronstraat, ontvang, wat deur Bloemnuus bewerings wou ontken dat van haar werknemers verantwoordelik vir die probleme op die parkeerterrein is.

Daverin het beweer sy is bewus van prostitute wat sake op die parkeerterrein doen, maar sy of haar onderneming het geen aandeel daarin nie.

Vingers is ook gewys na die teenwoordigheid van Nigeriërs op die terrein.

Intussen wag die mense wat op die perseel parkeer steeds op die munisipaliteit om in te gryp en behoorlike diens te lewer. Die munisipaliteit is om kommentaar genader, maar Bloemnuus het teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer