Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Leer meer oor koerante
May 13 2008 12:49:41:780PM  - (SA)  
Sobeth Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Volksblad se skoolkoerantprojek gaan die tweede helfte van die jaar voort om redaksielede van skoolkoerante op te lei. Skole met bestaande skoolkoerante, of skole wat hul eie koerant wil begin, is baie welkom om by die projek in te skakel. Dit is deel van Media24, Volksblad se moedermaatskappy, se nasionale projek (NSP) om die gehalte van skoolkoerante te verbeter en ook om nuwe publikasies te begin.

Die Vrystaatse en Noord-Kaapse skole word deur ’n span kundige redaksielede van Volksblad gehelp om ’n skoolkoerant uit te gee waarop hulle trots kan wees. Die skoolkoerantspan reis na ’n gasheerskool in ’n bepaalde omgewing en bied daar opleidingskursusse vir alle belangstellendes aan. Almal is welkom om dit teen minimale kursusgeld by te woon.

Die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein is op Saterdag 17 Mei gasheer vir ’n kursus wat in Afrikaans aangebied word.

Mev. Sobeth Jordaan, redaksie-skakelbeampte van Volksblad, en haar span ervare joernaliste bied die kursus aan.

Bel haar by 051-404-7722, of stuur ’n e-pos aan sjordaan@volksblad.com, of ’n faks na 051-430-6949. Bel haar ook indien u belang stel om as gasheerskool vir ’n kursus op te tree.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer