Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Twee nuutjies vir beginners
May 16 2008 12:35:02:097AM  - (SA)  
En Passant



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Wanneer ’n speler moet skuif, maar enige skuif vererger net sy posisie, sê ons hy is in zugzwang.

In daardie stadium sou die speler graag sy skuif wou oorslaan, maar hy mag natuurlik nie.

Hy MOET skuif!

Kyk na die boonste figuur (A).

1.Ke4!

Swart is in zugzwang.

Hy het nie enige skuiwe wat sal voorkom dat Wit se Toring vanaf a8 beweeg met skaak, en sodoende die promosie van die a7-pion na ’n Dame toelaat nie.

Dis steeds nie ’n maklike wen vir Wit as hy ’n beginner is nie, maar vir ’n gevorderde speler is dit net ’n kwessie van tegniek.

Hierdie is ’n pragtige voorbeeld van hoe ’n zug?zwang, ’n verbypion en ’n aktiewe Koning saam ingespan word om ’n wenposisie te bereik.

Kyk nou na die volgende diagram:

Kyk na figuur B (onder).

Swart het pas 1. …b7-b5+ gespeel en triomfantlik skaakmat aangekondig.

Kyk ’n mens na die diagram dan lyk hy reg, die Wit koning kan nie skuif nie.

Swart, ’n beginner, het egter nog nooit van die en passant-reël gehoor nie en teken toe sterk beswaar aan by die arbiter toe Wit op sy beurt 2.a5xb6# speel en mat aankondig.

Let daarop dat Wit ook 2.c5xb6#, kon speel.

En passant is ’n Franse term wat “in die verbygaan” beteken.

Dit is een van die twee moeilike reëls wat die beginner moet baasraak. Rokade is die ander een wat soms sterk spelers onkant betrap.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer