Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Driemanskap wen
May 16 2008 12:35:00:940AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Driemanskap entrepreneurs is aangewys as die wenner in die hoërskole-afdeling van Senwes se tweede entrepreneurskompetisie. Die wenners is op ’n ontbyt gehou by die Universiteit van die Vrystaat (UV)in Bloemfontein, aangekondig.

Lian Fourie, Neil Kotzé en Marlo Peens van die Hoërskool Sand du Plessis was die wenners met hul onderneming Kô’ ry saam.

Dié entrepreneurs het in Oktober verlede jaar R1 500 ontvang en daarmee gewoeker deur gholfkarretjies as vervoermiddel in te span by onder meer sportgeleenthede, boeremarkdae en ander byeenkomste.

Senwes het ’n studiebeurs van R33 000 aan elk van die wenners oorhandig. Met die studiebeurs kan die leerlinge aan enige tersiêre instansie van sy keuse en in die rigting van sy keuse studeer.

Hulle het ook R5 000 van die UV ontvang wat tussen die drie verdeel word.

Jan Coetzee (assistent-hoofbestuurder: Kleinhandel, Senwes) het op die geleentheid as hoofspreker opgetree en entrepreneurs aangemoedig om positief te bly midde-in toenemende negatiewe ekonomiese toestande in Suid-Afrika. Hy het ook wenke aan die sewe finaliste in die hoërskole-afdeling gegee wat hulle kan help om ’n sukses van hul onderneming te maak.

Volgens dr. Johan van Zyl (departement ekonomiese en bestuurswetenskappe, UV) het die sakeplanne van die sewe finaliste almal unieke idees gereflekteer. Die belangrikste komponent wat egter die wenner bepaal het, was die hoeveelheid wins wat gegenereer is.

Die wenner van die laerskole-afdeling van die Senwes-entrepreneurskompetisie is reeds in Oktober 2007 aangekondig. Rudo Peens van die Laerskool Sand du Plessis was die wenner van R10 000 in die afdeling.

Hy is ook die broer van Marlo Peens, een van die drie wenners van die hoërskole-afdeling. Senwes se entrepreneurskompetisie bestaan uit twee afdelings, een vir laerskole en een vir hoërskole, en dit word in twee fases aangebied.

Die eerste fase sluit die voorlê van ’n sakeplan en ’n onderhoud waar vrae oor entrepreneurskap gevra word in.

Die sakeplanne word deur die UV se fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe geëvalueer.

Aan die einde van die eerste fase word die wenner van die laerskole-afdeling aangewys en die finaliste van die hoërskole-afdeling aangekondig.

Die hoërskole-finaliste dring dan deur tot die tweede fase van die kompetisie waarin hulle elkeen R1 500 ontvang om hul sakeplan te implementeer.

Die ander finaliste in die hoërskole-afdeling van die kompetisie was Melissa van Niekerk (Fichardtpark), Leandri van den Berg (Fichardtpark), Charl Scholtz (Grey-kollege), Stanley Bubb (Fichardtpark), Lebogang Kelesitse (HTS) en Corli van Zyl (Sentraal).

Senwes se derde entrepreneurskompetisie sal in die loop van die jaar begin.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer