Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Ondersoek huis vir foute
Baie huiseienaars begin geldelik noustrop trek en dít maak behoorlike huisinspeksies vir huiskopers belangriker as ooit vantevore. “Onderhoud aan huise kry minder aandag, omdat eienaars sukkel om by te hou met hul verbandbetalings wat nou 25% hoër as 18 maande gelede is,” sê mnr. Martin Schultheiss, uitvoerende hoof van die Homenet-eiendomsagentskapgroep. “Gevolglik moet huiskopers fyn oplet na die toestand van enige eiendom wat hulle beoog om te koop en hulle behoort die eiendom so dikwels nodig te besoek om seker te maak hulle inspekteer dit behoorlik.” Hy sê die vier belangrikste aspekte waarop hulle moet let, is: 1) swak dreinering van die perseel, of kleigrond, wat kan veroorsaak dat fondasies kan swel of kraak, 2) dakprobleme soos roes, los of verlore teëls, lekplekke en verrotte balke, 3) elektriese gevare en gebreke, insluitende amateuragtige bedrading en ou distribusieborde, en 4) waterpype in mure of by baddens en toilette wat lek. Schultheiss wys daarop voornemende kopers moet nooit gerus gestel voel, omdat die huis deur die bankwaardeerder geïnspekteer gaan word as deel van die aansoek om ’n huislening nie. “Bankwaardasies word gedoen om te bepaal of daar genoeg onderliggende waarde in die eiendom is om ’n huislening te regverdig en nie om moontlike probleme namens die koper op te spoor nie. “Die spesifieke doel van huisinspeksies, aan die ander kant, is om die voornemende koper teen die hoë koste verbonde aan die herstel van onvoorsiene of onbekende probleme te beskerm. “Sulke inspeksies is veral belangrik vir ouer kopers wat van vaste inkomstes moet leef, ouers met jong kinders en onervare kopers. “Sulke kopers behoort dit sterk te oorweeg om ’n professionele inspekteur te huur om enige huis, wat hulle oorweeg om te koop fyn na te gaan sodat hulle ’n ingeligte besluit kan neem,” sê Schultheiss.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|