Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Organisasie bring hoop
May 16 2008 12:34:58:643AM  - (SA)  
Neil Swarts



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Wat as jy eendag wakker word en jy vind uit dat jou kind met die dodelike kanker ge?diagnoseer is?

Angels for Leukemia is ’n organisasie wat geld insamel vir kinders wat met akute limfoblastiese leukemie en ander soorte kanker gediagnoseer is.

Mnre. Christo van Jaarsveld, stigter en direkteur van die organisasie, en Henry Bosman, direkteur in die bemarkingsafdeling, sê die organisasie is gestig nadat hulle verskeie hospitale in die Johannesburg-omgewing besoek het.

Dit was veral die kinders en hul ouers wat hulle daartoe genoop het.

Die organisasie is in Augustus 2007 gestig ná die besoek aan hierdie hospitale.

“Op 27 Julie 2007 het ons in die Johannesburgse Algemene Hospitaal se onkologie-eenheid ingestap.

“Ons het gesien hoe ouers met gebroke harte by hul kinders sit en vir hulle verduidelik dat hulle nie meer die geriewe wat hulle voorheen geniet het, kan kry nie.”

Henry sê in ’n stadium het sommige van dié ouers ’n goeie werk gehad, in groot huise gewoon en kon hulle hul kinders miskien een keer per jaar met vakansie vat.

Hy sê die gevolge van die siekte is dat jy in ’n stadium alles sal moet afstaan of verloor, omdat mediese koste baie hoog is.

“Die organisasie is dus gestig vir ouers van kinders wat met kanker gediagnoseer is,” het Christo gesê.

“Ons probeer om ’n hospitaal te bou om ouers te help met kinders wat aan dié siekte ly.”

As deel van die geldinsameling het die twee vriende ’n projek, Quads to Cape Town, die afgelope vier weke aangepak.

Dit het daaroor gegaan dat hulle 4 000 km met twee vierwielmotorfietse van die D.P. de Villiers-stadion op Sasolburg tot in Kaapstad gery het.

Vir meer inligting oor die projek kan Henry by 072-805-8792 gebel word, of stuur ’n faks na 086-617-4022.

Hul e-pos-adres is: info@angelsforleukemia.za.org, of besoek die webtuiste www.angelsforleukemia.za.org.

Mense wat skenkings aan die organisasie wil doen, kan die volgende bankbesonderhede gebruik: Angels for Leukemia, FNB-Vaal Mall, die takkode is 00250945 en die rekeningnommer is 62103336948.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer