Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Eiendom spotgoedkoop op die platteland, Karoo
Huiskopers op soek na ongewone eiendomme stel deesdae hul visier op die platteland, en spesifiek die Karoo. Die platteland, wat ryk is aan geskiedkundige geboue, is volgens mnr. Wayne Rubidge, gebiedsbestuurder vir Pam Golding-eiendomme se Karoo-afdeling, die ideale plek om die soektog vir daardie unieke tuiste te begin. Hy sê daar is veral ’n vraag na ou tronke, watermeulens en outentieke Karoohuisies van kopers wat hulle permanent in die gebied wil vestig en diegene op soek na ’n tweede eiendom. Hy sê die dop van ’n ou watermeule op Richmond op ’n erf van 561 m² is onlangs vir R95 000 verkoop. Verder bemark hulle twee van die land se ou tronke, een op Willowmore in die Oos-Kaap en die ander op Philippolis, die oudste dorp in die Vrystaat. Die ou kliptronk op Willowmore is in die mark vir R2,58 miljoen. Dié gebou is in ’n stil gedeelte van die dorp en strek oor vyf erwe van altesame 12 000 m². Dit dateer uit 1896 en is in 1960 aan ’n private eienaar verkoop. Rubidge sê die huidige eienaar het dit gedeeltelik gerestoureer en dit het ’n nuwe wynkelder, ’n swembad, stalle en ’n boorgat. Op Philippolis word die ou tronk vir R1,85 miljoen bemark. Dié gebou wat uit 1872 dateer, is so ver moontlik tot sy vorige glorie gerestoureer, maar met moderne geriewe en word op die oomblik as ’n gastehuis gebruik. Dit het tien slaapkamers en vyf badkamers. Hy sê ook daar is nog groot waarde te vind in die Karoo en omdat dit so ’n omvangryke gebied is, het hulle dit in drie kategorieë verdeel. Eerstens is daar die dorpe met al die nodige dienste wat Beaufort-Wes, Colesberg, Cradock en Graaff-Reinet insluit. Dan volg die klassieke Karoo-dorpies, onder meer Willowmore, Aberdeen en Victoria-Wes wat oor basiese dienste beskik en daarna klein plekkies soos Lady Grey, Loxton en Phillips?town, wat min geriewe het. Hy sê dis veral in die klein dorpies waar erwe en huise nog bekostigbaar is. Op Phillipstown is ’n erf van 4 000 m² onlangs vir R30 000 verkoop. “In verskeie van die dorpies kan ’n Karoohuisie teen R300 000 en ’n Victoriaanse huis teen R500 000 opgeraap word.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|