Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Kinderstuk het lang geskiedenis
May 16 2008 12:34:56:800AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Toneelstuk met ’n lang geskiedenis is eersdaags in Bloemfontein te sien.

Niklaas die Nar is deur Chris Fourie vertaal van die Engelse The Clown and his Circus (1954) deur Conrad Seiler.

Die Engelse stuk het in 1968 in Suid-Afrika onder die regie van Chris Fourie gedebuteer.

Fourie het toe nog in Kaapstad laerskoolonderwys gegee en het self die rol van die nar vertolk.

Al die ander rolle is deur leerlinge van die skool vertolk.

Die eerste aanbieding van die Afrikaanse weergawe was van 4 tot 14 September 1974 in Bloemfontein.

Dit was die jaar dat Fourie aangestel is as dosent aan die dramadepartement van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Twaalf jaar later, van 19 tot 24 Mei 1986, het Fourie weer die regie daarvan gedoen toe die stuk in die ou Scaena opgevoer is.

Dirk Binneman het in daardie opvoerings die rol van Niklaas vertolk.

Fourie se seun, Gerhard, wat later ook daar drama gestudeer het, het die rol van die seun vertolk.

Gerhard was toe nog in die laerskool.

Niklaas word van 15 tot 20 Mei onder die regie van Pieter Venter van die departement drama en teaterkuns in die Scaena opgevoer.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer