Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
4Claws se doelwit om minderbevoorregtes met hul troeteldiere te help
Die organisasie 4Claws Animal Welfare (voorheen Claw), is in 2000 deur ’n klein groepie vrywilligers gestig. Die organisasie se hoofdoel is om basiese gesondheidsorg te verskaf aan diere van mense in minder bevoorregte woongebiede, veral informele nedersettings. Die organisasie probeer ook om soveel honde en katte as moontlik te steriliseer. Hy hou een keer per maand ’n kliniek vir honde en katte in Freedom Square, Bloemfontein. By die klinieke word die honde onder meer gedip en ontwurm en siek diere word behandel. Ongeveer 100 tot 150 honde besoek elke maand dié kliniek. Die diens word gratis deur 4Claws aan die eienaars van die honde en katte gelewer. Die eienaars ontvang ook kospakkies vir hul diere by die klinieke. Dieremishandeling vind dikwels plaas weens ’n gebrek aan opvoeding, daarom verskaf 4Claws die nodige opvoeding aan eienaars rakende die versorging van hul diere. Baie van die mense het geen vervoer nie en is baie afhanklik van die organisasie om hulle te help met die vervoer van hul diere, veral siek diere, na en van klinieke in Bloemfontein. Hier word siek diere dan behandel en weer aan hul eienaars terugbesorg. Die organisasie kon verlede jaar met die hulp van ’n borg sy eerste bakkie aankoop. Die probleem is nou die bakkie se enjin is nie meer op standaard nie en dit is net ’n kwessie van tyd voordat dit heeltemal sal ingee. ’n Beroep word op mense gedoen om te help met ’n nuwe of redelik goeie gebruikte enjin vir die Nissan-bakkie. Skenkings vir die aankoop van ’n nuwe enjin sal ook welkom wees. Die organisasie benodig verder ook dringend borge vir droë honde- en katkos, ou nekbande, ou komberse en ou hondehokke. Vrywilligers word ook benodig om te help by die maandelikse klinieke. Die bakkie is ’n baie belangrike hulpmiddel en sonder die bakkie sal 4Claws nie die belangrike werk van hom kan voortsit nie. Bankbesonderhede: CLAW, Nedbank, Takkode: 117134, Rek no: 1171049781. Bel 072-704-4604 (Susan) of 084-5804489 (Carina) vir meer besonderhede of om hulp aan te bied.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|